Jy moet ook jouself kan vergewe

Jy moet ook jouself kan vergewe

Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.  

(1 Johannes 1:9) 

Ek het gesukkel om ander wat my te na gekom het, te vergewe, maar die een persoon wat ek net nie kon vergewe nie, was myself. Ek verdien elke stukkie hel, want ek het teen God se wil gegaan. Die Woord waarsku immers dat sonde skeiding bring tussen ons en God – daarom het Adam en Eva weggekruip. 

Van jongs af het ek lering ontvang in die Woord. Ná skool was Woordskool deel van die kursus by die Musiek-en-Dramaskool. Die Woord het skielik vir my ’n sweep geraak waarmee ek myself begin kasty het. Ja, Hy het my gered uit die mag van die dood, maar hoe raak ek ontslae van die skaamte en selfverwyt? 

Een Desembervakansie in die Kaap bel my jare lange hartsvriendin my. “Ons moet koffie.” Ons het mekaar lanklaas gesien. Sy kyk my stip in die oë en vra: “Hoe gaan dit werklik?” Soos gewoonlik haal ek die sweep uit en sê: “Die Here is goed ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Efesiërs 6:18) Dit ...

… en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons ...

Scroll to Top