Ons is Sy hande en voete op aarde

Ons is Sy hande en voete op aarde

Jesus het toe saam met hom gegaan. ’n Groot klomp mense het agter Hom aangekom en teen Hom saamgedrom. Daar was ’n vrou onder hulle wat vir twaalf jaar aan bloedvloeiing gely het. 

(Markus 5:24-25; NLV) 

Een van die grootste lesse wat ’n mens by Jesus kan leer, word nie uitgespel in die Evangelies nie. Jy moet dit so tussen die lyne raaklees. Markus vertel van ’n dag wat Jaïrus by Jesus kom pleit het om sy dogtertjie gesond te kom maak. Op pad na Jaïrus se huis het die vrou wat ...

Jesus het toe saam met hom gegaan. ’n Groot klomp mense het agter Hom aangekom en teen Hom saamgedrom. Daar was ’n vrou onder hulle wat vir twaalf jaar aan bloedvloeiing gely het. 

(Markus 5:24-25; NLV) 

Een van die grootste lesse wat ’n mens by Jesus kan leer, word nie uitgespel in die Evangelies nie. Jy moet dit so tussen die lyne raaklees. Markus vertel van ’n dag wat Jaïrus by Jesus kom pleit het om sy dogtertjie gesond te kom maak. Op pad na Jaïrus se huis het die vrou wat aan bloedvloeiing gely het aan Jesus se kleed geraak en gesond geword.  

Jesus het nie nodig gehad om te stop nie, sy het reeds haar fisieke genesing ontvang. Maar nee, Hy het toegelaat dat hierdie vrou sy dag onderbreek. Hy het haar geestelik en emosioneel ook genees, want Hy het geweet sy het meer nodig as bloot liggaamlike genesing.  

Ons almal is deesdae so besig. Ons dae is haarfyn beplan om alles ingepas te kry. Daar is geen ruimte vir onderbrekings nie! Hoeveel keer plaas die Here iemand op jou pad wat hulp nodig het, maar jy is eenvoudig te besig om te help.  

Ek hardloop soos gewoonlik haastig by ’n winkel in en ’n verkoopsdame stop my om ietsie te proe. Ek wou eers verbystorm, maar ’n sagte stem keer my. Ek knoop ’n geselsie aan en vind uit dat sy haar kind aan die dood afgestaan het en eenvoudig nie meer wil leef nie. En net daar kon ek vir haar vertel van die Hoop, wat my gedra het toe ek my kinders verloor het. Wat as ek nie gestop het nie? 

Laat toe dat die Here jou lewe onderbreek. Ons is sy hande en voete op aarde en dit is daardie onverwagse onderbrekings, daardie onbeplande oomblikke, wat die verskil kan maak tussen lewe en dood, hoop en wanhoop! 

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top