Daar is ’n rede as Hy nee sê

Daar is ’n rede as Hy nee sê 

Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming aangewese; U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders. (Psalm 39:13) 

Die “nee”-antwoord wat seermaak, is wanneer jy jou diepste hartsbegeer tes voor God uitstort – en dan geen respons van Hom kry nie. Of dan te dink jy kry nie ’n antwoord nie.

God is nié onbetrokke nie. Hy beantwoord elke gebed. Maar nie altyd soos óns wil hê Hy moet antwoord nie. Soms ...

Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming aangewese; U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders. (Psalm 39:13) 

Die “nee”-antwoord wat seermaak, is wanneer jy jou diepste hartsbegeer tes voor God uitstort – en dan geen respons van Hom kry nie. Of dan te dink jy kry nie ’n antwoord nie.

God is nié onbetrokke nie. Hy beantwoord elke gebed. Maar nie altyd soos óns wil hê Hy moet antwoord nie. Soms sê Hy vir ons “ja”, soms “wag eers” en ander kere sê Hy “nee”. Hoekom?

Want Hy ken die toekoms. Hy het ’n breër perspektief. Al lyk jou gebed so goed en reg, kan jy nie al die moontlike komplikasies sien nie. God se plan is beter. Hy het ons lief en weet wat die beste vir ons is. Soms sal ons nooit weet waarom die antwoord “nee” was nie. Maar wanneer ons hierdie “nee” hoor, moet ons ook hoor hoe Hy sê: “Sal jy My vertrou?” Dit wat ons as ’n krisis sien, is dikwels ’n sorgvuldig beplande afspraak van ons alwyse, almagtige Vader.

Moet dan nie soos ’n kind kerm, kla en kwaad wees oor jou “nee”- antwoord nie. ’n Eienskap van volwassenheid is die vermoë om “nee”- antwoorde te hanteer en God te vertrou – al maak dit nie vir jou sin nie. Hy weet die beste!

’n Ou gebed lui: “God, skenk my die kalmte om te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is.” Sekere feite van die lewe moet ons net aanvaar. Hou op tob oor alles wat nie gaan gebeur nie, en sê ja vir die lewe!

“God het nie altyd my gebede verhoor nie. As Hy het, sou ek verskeie kere met die verkeerde man getrou het” – Ruth Graham.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top