Oudio's

Karien Basson Laat gaan en laat God Video

[OUDIO] Hou op om verskonings te maak

Elkeen van ons ervarings – die goeies, die slegtes, die moeilikes en die snaakses –is daar om ons gereed te maak. Moses het as ’n pleegkind in die farao se huis die Egiptiese geloof, maniere en taal bemeester. Dit is juis waarom hy gekies word om Sy volk uit Egipte te lei.

Karien Basson Laat gaan en laat God Video

[OUDIO] Oppas! Jou woorde maak seer

Om taktvol te wees beteken om mense se gevoelens in ag te neem en hulle nie onnodig seer te maak nie. Dit is intuïtiewe insig oor wat reg en toepaslik is. Die bedoeling is nie om misleidend of onopreg te wees nie, maar eerder om ander met bedagsaamheid te bejeën.

Bianca van Rensburg

[OUDIO] Oefen gaan oor meer as net gewigsverlies

Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer voordele in as om net vinnig ekstra gewig af te skud.

Minette Visser gesondheid voelgoed mentor

[OUDIO] Moenie hare in die hande sit nie

’n Vrou se hare is soos haar kroon – iets waarmee sy wil spog. Dit is daarom belangrik dat ons hierdie kroon blink en sterk hou om nie letterlik met die hare in die hande sit nie. Die meeste van ons smag na ’n gesonde bos hare wat blink en sterk is. Dit blyk egter ’n onbegonne taak te wees. Die goeie nuus is dat daar kosse is wat haargroei kan stimuleer, haarfollikels versterk en sommer die algehele gehalte en gesondheid van jou hare kan verbeter.

Gretha Wiid

[OUDIO] Het jy en jou man mekaar ontgroei?

Ek weet ek het op ons troudag ’n belofte aan my man afgelê. Deesdae sien ek egter net nie meer kans nie. Ons het niks meer gemeen nie. Om te skei lyk na die enigste oplossing. Ons lewe in ’n KITS-wêreld! Alles kan omgeruil, terug gegee of opgegradeer word. Die een week verklaar paartjies hulle onsterflike liefde aan mekaar en die volgende week skei hulle! Koop iets vandag en gee dit môre terug as dit nie is wat jy wou gehad het nie. Ons leef in ’n kits-era waar ons vleeslike drange en begeertes dadelik bevredig moet word. Almal het immers die reg om gelukkig te wees, of hoe?

Gretha Wiid

[OUDIO] “Help! Skuld verwoes my huwelik!”

Onder talle egpare is dit ’n oorlogsverklaring wanneer skuld ter sprake kom. rusies gaan meestal oor die een se spandabelrigheid en die ander een se suinigheid. Ons trap maklik in die strik om dinge te koop wat ons nie nodig het nie met geld wat ons nie het nie en om mense te beïndruk wat ons nie ken nie. Wanneer ons trou, begin ons versamel, opgaar en uitbrei. Hoe meer goeters ons in ons huise het, hoe duurder is dit om al die luukshede te versorg. en dan is daar ook die kinders! Groter uitgawes vra weer harder werk en meer spanning.

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!