[OUDIO] Genees God vandag nog deur geloof?
Luister na radio-aanbieder BENESCKE JANSE VAN RENSBURG se raad oor die rol wat gebed en geloof in genesing speel.
Hoekom bid ons vir genesing? Bid ons net om ‘n deurbraak te kry? Of soek ons regtig God se teenwoordigheid in ons lewens.
Hoekom is ons kwaad as God nie antwoord nie? Of nie antwoord op die manier wat ons wil hê Hy moet antwoord nie.
Ons moet vir God soek, nie net die antwoord nie.
Dit is hoekom dit so moeilik is wanneer dit kom by gebede vir genesing. Ons moet kan sê: “Vader ek glo en vertrou dat U my kan genees. Dat U die siekte in my liggaam kan genees. Dat U die kanker kan genees. Maar selfs al doen U dit nie, gaan ek U steeds loof en prys.”
God antwoord partykeer vinnig en partykeer vat dit ‘n tydjie. Soms kry ons nie die antwoord wat ons gesoek het nie, maar God sien ons geloof raak.
Glo dat God die finale sê het. Dat Hy soewerein is. Dat Hy almagtig is.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Esmé Maré
Om iets aandagtig te beoefen, beteken om dit met totale bewustheid te doen. In die geval van aandagtige eetgewoontes, moet jy met al jou aandag ...
Besluiteloosheid is waarom sukses mense ontwyk. Andrew Carnegie het beweer dat mense meer as gevolg van besluiteloosheid verloor as deur ’n slegte besluit.
...Liesel Krause-Wiid
“Jy is so gelukkig soos wat jou verhouding is. Wees lief vir God en jou naaste,” sê predikant en skrywer LIESEL KRAUSE-WIID. Dit is nie ...