[OUDIO] Kleiner gereelde etes help met gewigsverlies
- Nuwe jy [Oudio]
- Christel de Lange, dieetkundige en borsvoedingskonsultant
Dit voel hoe minder jy eet, hoe meer gewig tel jy op… Die grootste fout wat mense begaan wanneer hulle gewig wil verloor, is om maaltye oor te slaan.
Mense vertel graag van al die kosse wat hulle uitsny. Hulle eet niks deur die dag nie, behalwe vir aandete. Ten spyte daarvan, verloor hulle glad nie gewig nie. Ontbyt is gewoonlik die eerste ete wat uitgesny word. Dít terwyl dit die belangrikste maaltyd van die dag is. Jy moet ná sewe tot agt ure se slaap sonder kos, jou liggaam se energievoorraad aanvul.
Ná omtrent vier ure het jou liggaam klaar die kos wat jy geëet het, verteer. Ná vyf ure begin jou bloedsuiker val en gryp jy dan na die eerste en beste ding wat jy sien. Hoe meer tyd tussen maaltye verloop, hoe makliker is dit om jou met die volgende maaltyd te ooreet.
Om gewig te verloor, moet jy jou energie-inname verminder en jou oefening vermeerder. As jy egter maaltye oorslaan, het jy minder energie. Jy neem ook nie al die voedingstowwe in wat jou liggaam nodig het nie. Jy sal dan die heeltyd aan hoëvet- ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Tantrums is kragtige emosionele storms. Dit kan ouer en kind totaal oorweldig, en hulle kwaad en magteloos laat voel. Gelukkig is daar iets wat jy ...
Danelle Dreyer, eienaar van ’n gesondheidskliniek en finalis van die realiteitsreeks Ster-Status
Eet meer gereeld om gewig te verloor. As jy dit daaglikse deurvoer, is dit moontlik om gewig te verloor. En belangriker, ’n goeie gewig in ...
Lewenskoste styg vinnig en ons moet almal die gordels stywer trek. Jy kan nie jou uitgawes verminder as jy nie weet hoeveel en waarop jy ...