[OUDIO] Maak seker julle drome is groot genoeg
- Ouerskap [Oudio]
- Joalene Uys
Koester die groot drome van jou idealistiese jongeling. Vertrou dat harde werk en gehoorsaamheid aan sy of haar roeping, sukses en geluk sal bring.
Ek hoor soms die woorde: “Moenie van jou kinders verwag om ’n Springbok te word as jy en jou wederhelf nie een was nie.” Dit is nie ons keuse nie. God bepaal jou kind se talente en sit die droom in jou kind se hart.
Moedig jou kinders aan om hulle hart te volg.
Ouers wil kinders beskerm teen seerkry en teleurstelling wanneer hulle drome dalk nie realiseer nie. So leer kinders om hulle op die ergste voor te berei en nooit té veel te verwag nie. Dat drome nie bewaarheid word nie.
Maak hulle groot asof daar niks is om te verloor nie. En dat hulle die roeping moet volg wat God hulle gegee het.
Spoor jou kind aan om groot ideale te koester. Leer hom of haar om alles op die spel te sit om dit te bereik. Moenie lag of dit afmaak wanneer dit iets is wat jou nie interesseer nie.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Lourens Botha
Anders as wat die samelewing insinueer, is dit nie selfsugtig om jouself ’n prioriteit te maak nie. So sal jy beter na ...
Leandra Foster
Alle ma’s doen nie outomaties die hele tyd alles foutloos nie. Goeie ouerskap word aangeleer en ontwikkel soos jou kind groei. Kry ...