[OUDIO] Neem beheer van jou gedagtes oor kos
- Nuwe jy [Oudio]
- Dehandré van Tonder, model en fotograaf
Dink anders oor jou gewig en jou lyf. Dit is belangrik om vroeg in jou lewe te leer om ’n goeie verhouding met kos te hê.
Luister mooi na jou liggaam. Leer wat jou liggaam wil hê, en wanneer. Lewe gesond en handhaaf ’n goeie leefstyl. Kry ’n lewenstyl wat vir jou werk.
Eet as jy honger is. Om gesond te wees, beteken nie dat jy honger moet ly nie. Eet net so gesond as moontlik en sny vetterige kosse en suiker uit jou dieet. Oefen gereeld, drink genoeg water en kry genoeg rus.
En onthou dat jou gedagtes nie jou liggaam moet boelie nie. Ons is op aarde geplaas om ongelooflike dinge te doen. Die kos op jou bord, hoeveel jy weeg, die grootte van jou jeans en die vorm van jou liggaam het niks daarmee te doen nie.
Glo dat jy altyd genoeg sal wees, ongeag van al die kere wat die wêreld jou die teenoorgestelde laat voel. Besef dat elke dag ’n geskenk van God is en hoe geseënd jy is om gesond te wees en te lewe.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Tilesia Colyn
“Hoekom is dit belangrik om jou gedagtes te verander om jou ware self te vind? Die Woord van God sê dit vir ons,” sê TILESIA ...
Besluiteloosheid is waarom sukses mense ontwyk. Andrew Carnegie het beweer dat mense meer as gevolg van besluiteloosheid verloor as deur ’n slegte besluit.
...Esmé Maré
Om iets aandagtig te beoefen, beteken om dit met totale bewustheid te doen. In die geval van aandagtige eetgewoontes, moet jy met al jou aandag ...