[OUDIO] Roetine kweek orde en karakter

Dis gewone take soos tande borsel en huiswerk doen wat ’n ma grys hare gee as Boeta bly uitstel, veral as almal in die huis ’n bedrywige program het.

Mense is geneig om weg te skram van roetine af, nogtans het ons almal sekere vaste gewoontes. Ons staan op, trek aan, eet en borsel tande. Jy verrig take of aktiwiteite op dieselfde manier en op min of meer dieselfde tyd van die dag.

My man sit byvoorbeeld elke dag sy sleutel, beursie en selfoon op presies dieselfde plek neer. Dit beteken dat hy nooit hoef rond te skarrel op soek daarna nie.

Hierdie goeie gewoonte is deel van sy daaglikse roetine en maak beslis sy lewe makliker. Ek aan die ander kant moet omtrent die huis omkeer om my motorsleutel of selfoon te kry voor ek in die pad kan val.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Chrisna Roos, motiveringspreker en skoonheidsterapeut 

Veroudering is ongelukkig onafwendbaar. Daar is egter daaglikse selfsorgwenke wat jy kan volg om hierdie ’n mooier, gladder meer vredevolle proses te maak. Wanneer jy ...

[Episode 8 – Oudio-reeks: Getroudwees, liefde en seks] As jou man emosioneel afwesig is, is dit belangrik om sy moontlike verwonding en leegheid raak te ...

Danileigh Steyn, aanbiddingsleier en sanger

Dis een ding om te sê jy is ’n Christen; ’n ander om Goddelike karakter te wys. Die Here wil ons gebruik om ander te ...

Scroll to Top