[OUDIO] Vind balans in fisieke en geestelike selfversorging 

Selfversorging is pro-aktiewe aksies wat ons help om ons gesondheid en welstand te handhaaf of te bevorder. 

Dikwels is selfversorging die laagste op die prioriteitslys en die eerste ding wat opsy geskuif word. Mense se verskonings en uitdagings met selfversorging is dat hulle te besig is. Hulle is reeds oorlaai met ’n stresvolle werk, of is onbewustelik verslaaf aan tegnologie.

Ander sê weer dat hulle skuldig voel om tyd vir hulleself te neem, en hulle man en kinders alleen te los. Navorsing het egter gewys dat wanneer selfversorging met goeie bedoeling en konsekwentheid toegepas word, dit baie voordele vir ons welstand inhou.

Dit kan lei tot beter produktiwiteit, motivering en konsentrasie.

Dit het ook beter streshantering, minder angstigheid, minder frustrasie en aggressie, en meer volhoubare energie tot gevolg. Dit bevorder algehele gesondheid.

Daarmee saam bring selfversorging en die instelling van grense ’n gesonder verhouding met jouself.

In breë trekke kan selfversorging as fisieke of verstandelike en emosionele sorg gegroepeer word. Maar onthou, selfversorging lyk nie vir almal dieselfde nie.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Dit is belangrik om vas te stel wat die effek van inflammasie spesifiek op jóú gesondheid en gewig is. Sodoende kan jy jou dieet en ...

“Ons is met ’n doel hier op aarde geplaas. God het ’n unieke plan vir elkeen van ons se lewe. Maar dit is Sý plan ...

Elanie Jansen van Veuren, liedjieskrywer en bestuurder van Onbeskaamd

Dikwels reageer ons impulsief in ons besige woeste lewe, en is gou spyt. Met wysheid gaan jy baie verder kom, met baie meer gemoedsrus. My ...

Scroll to Top