[OUDIO]Bemagtig jouself vir die uitdagende tye

Jy het ’n nuwe hoofstuk om te skryf en dit lyk glad nie soos jou verlede nie. Bemagtig jouself uit die foute van jou verlede.

Voel jy soos ’n mislukking? ’n Werksprojek of besigheidstransaksie het dalk skeefgeloop. Miskien het jy ’n beduidende beleggingsverlies gely. Of dalk het jy jou huweliksmaat se vertroue geskend, of vriende weens ’n misverstand verloor. Dan moet jy jouself bemagtig.

Begin deur te fokus op dit wat jy kan beheer. ’n Mens se brein is soos ’n stofsuier – dit slurp graag die negatiewe op.

Ons kan enige slegte gewoonte, soos negatiewe denkpatrone, met beter gewoontes vervang. Moenie energie mors op dit wat jy nie kan beheer nie.

Skep nuwe gewoontes deur patrone te identifiseer. Stel vas watter omstandighede, interaksies, tye van die dag of mense bydra tot jou slegte gewoontes. Is daar ’n deurlopende tema, soos byvoorbeeld jou behoefte aan erkenning, in al jou gewoontes?

Hierdie is waardevolle insigte wanneer jy nuwe gewoontes skep.

Besluit hoe die nuwe, beter gewoonte kan lyk. Breek dit dan in kleiner, doenbare, stappe op. Doen dit doelbewustelik.

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!