Twyfel en vrees vreet geloof
- #StilwordSondag
- Freda Francis
“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29)
Ons ervaar so dikwels in ons lewe dat Jesus vir ons sê: Klim uit die skuit, kom! Met ander woorde, klim uit jou gemaksone, daar waar alles gemaklik sonder moeite net reg werk.
Maar hoekom voel dit asof ons wil sink wanneer ons dit doen? Dieselfde wat met Petrus gebeur het, gebeur met ons. Toe Petrus op Jesus gefokus het, kon hy op die water loop. Die oomblik toe hy na die storm kyk en sien hoe groot die golwe is, was hy so oorweldig deur die werklikheid dat hy begin bang word het. Die feit dat hy weggekyk het, wys dat sy fokus op daardie oomblik nie op Jesus was nie.
Petrus was tog iemand wat Jesus se wonderwerke eerstehands aanskou het, en geweet het waartoe Hy in staat is. Twyfel en vrees verswak geloof. Daarom het Jesus ook vir hom gesê “kleingelowige”.
Ons word ook so oorweldig deur die storms in ons lewe. Maar die wonderlike verskynsel is: Toe Petrus begin sink, het Jesus ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Efesiërs 4:32) Jesus het die beginsel van vergifnis ...
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou ...