[OUDIO] Die kalorieë in drankies kan gewigsverlies strem

Baie mense vergeet om hulle drankies in ag te neem wanneer hulle gewig wil verloor. Die meeste koeldranke is propvol suiker wat gewigsverlies kan strem. 

Jy mag dalk voel dat jy die meeste van die tyd gesond eet. Jy volg immers ’n gebalanseerde dieet wat onverfynde koolhidrate soos volgraanbrood insluit. Jy eet ook genoeg vrugte en groente, en gee voorkeur aan maer vleissnitte, vis en goeie vette.

Jy let selfs op na jou porsiegroottes, maar steeds wil die gewig net nie afkom nie!

Baie mense vergeet om te kyk na die drankies wat hulle nuttig. Die meeste koeldranke is propvol suiker. Dit is daarom belangrik om die regte vloeistowwe te kies.

Mense wat gereeld drankies drink wat baie suiker bevat, voel nie noodwendig so vinnig versadig nie. As hulle egter dieselfde hoeveelheid kalorieë in die vorm van kos ingeneem het, sou hulle baie vinniger ’n versadigingspunt bereik het.

Drankies met ’n hoë suikerinhoud hou verskeie gesondheidsgevare vir ’n mens in. Dit kan onder meer lei tot vetsugtigheid, tipe 2-diabetes, hartsiektes asook metaboliese sindroom.

Ouers moet daarteen waak om vir hulle ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Estelle Henning, lewensafrigter

Ons hoor gereeld dat waarop jy fokus, ’n groot invloed op jou ervaring van jou alledaagse lewe het. Hoe meer jy op iets fokus, hoe ...

Chrisna Roos, motiveringspreker en skoonheidsterapeut 

Veroudering is ongelukkig onafwendbaar. Daar is egter daaglikse selfsorgwenke wat jy kan volg om hierdie ’n mooier, gladder meer vredevolle proses te maak. Wanneer jy ...

Dit is belangrik om vas te stel wat die effek van inflammasie spesifiek op jóú gesondheid en gewig is. Sodoende kan jy jou dieet en ...

Scroll to Top