As besigwees ons identiteit vaspen
- Werk
- Ettienne Booysen
Dis tog lekker om besig te wees, veral vir goeie redes. Die haakplek kom as daardie besigwees ons identiteit begin vaspen.
Heroorweeg dít waaraan jy jou waarde bepaal
Die Bybel noem hom die ryk jong leier. Hy het vir Jesus gevra wat hy moes doen om die ewige lewe te ontvang. Na hy erken het dat hy nog altyd die gebooie onderhou het, eindig die interaksie met Jesus wat hom vra om alles wat hy besit te verkoop, die opbrengste aan die armes te gee en dan vir Hom te volg. Die ryk jong leier raak bedroef en stap weg. (Matteus 19:16-30; Markus 10:17-31; Lukas 18:18-30)
Twee millennia later is hierdie Bybelkarakter steeds naamloos, buiten vir die drie dinge waaraan hy sy identiteit gehang het: sy welstand, jeug en leierskapsvermoë.
’n Strewe na inkomste, energie en invloed word meestal gebore uit die beste van motiewe. Ons wil ons talente aanwend om die lewe vir onsself, en hulle naby ons, beter te maak. Verder floreer iets in ons as ons voel ons wen, produktief is en kan vorm en skep. Dit laat ons waardevol voel.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek het deur die jare ’n paar kosbare lesse geleer wat my help om, ten spyte van ’n besige lewe, ’n kwaliteit lewe te lei. ...
Die 4-kwadrant dink-brein bestaan uit twee kwadrante aan die linkerkant en twee aan die regterkant, wat jou dink-keuses en tyd-belewenis beïnvloed. Die invloed van die ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!