Vergewe en spreek mekaar vry

Vergewe en spreek mekaar vry 

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Efesiërs 4:32) 

Jesus het die beginsel van vergifnis verkondig. As jy onwillig is om te vergewe, wys dit dat daar nog iewers ’n kortsluiting is in jou verhouding met Christus.

Daar is duidelike riglyne in sy Woord oor vergifnis, maar ek wil dit graag prakties verduidelik. Gestel jy het ’n groot sak aartappels wat jy saam met jou dra. Elke aartappel daarin stel iemand of iets voor wat jou te na gekom het. Elke dag raak hierdie sak swaarder en die aartappels al vrotter. Hulle begin water afgee en vrot word. Jy dra egter hierdie stink sak saam met jou. Mense begin jou vermy, want oral waar jy kom met jou sak, stink jy. Die reuk raak al erger en niemand wil meer naby jou kom nie.

Dit is presies hoe dit werk wanneer jy nie kan vergewe en gebeurtenisse agter jou kan plaas nie. Jy is die een wat begin stink, die vrot aartappel wat ander mense wil vermy.

Vergewe vandag nog onvoorwaardelik almal wat jou te na ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou ...

Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is ...

Scroll to Top