[OUDIO] Elke dag moet ’n bietjie pret ook hê 

“Dit laat jou lekker voel om bly te wees. Dink, doen en soek dinge wat pret verskaf. Bederf jouself,” sê skrywer en motiveringspreker SUSAN COETZER. 

Party mense dink Christene behoort nie te lag nie. Dan moet ek uittree, want ek is sonnig gebore en dit is een van my geskenke. Ek sien die humor raak.

Dit bring partykeer uiteenlopende mense tydens gesellighede bymekaar. Daar sit miskien vreeslike koekerige, stywe vroutjies aan die een kant. Aan die ander kant is dit die wilde tannies, maar hulle is kinders van die Here. Iewers in die middel is ek tuis. Tussen die twee ekstreme.

Jy kan humor gebruik om daardie mense te bind, want ons is geloofsmense. En soos roosblare, vorm ons saam die perfekte roos wat Jesus Christus verteenwoordig.

Moenie jou energie en jou blydskap verloor deur die heeltyd fronsend na die lewe te kyk nie. Probeer daai lag inoefen.

Moeder Theresa het kinders eers leer glimlag, en dan het sy hulle leer bid. Blydskap is ’n vrug, ’n produk, ’n eindresultaat van sy Gees, die gees van liefde.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Voel jy hopeloos? LIESEL KRAUSE-WIID gee raad oor hoe hoop jou kan help om sterk en positief te bly, selfs deur die ...

Karien Basson

Besluiteloosheid is waarom sukses mense ontwyk. Andrew Carnegie het beweer dat mense meer as gevolg van besluiteloosheid verloor as deur ’n slegte ...

Liesel Krause-Wiid

“Jy is so gelukkig soos wat jou verhouding is. Wees lief vir God en jou naaste,” sê predikant en skrywer LIESEL KRAUSE-WIID. ...

Scroll to Top