VOELGOEDEVENTS
Vermaak, inspireer en motiveer
IN-PERSOON EN AANLYN
Beplan jy ’n funksie, vertoning, produksie, fees, konferensie, webinaar, werkswinkel óf enige ander geleentheid wat vermaak, inspireer en motiveer – in-persoon óf aanlyn?
VoelgoedEvents se kaartjieplatform bied alles wat jy nodig het om dié events se kaartjieverkope maklik en doeltreffend te bestuur!

Méér oor VoelgoedEvents!
Wat die aanbied van in-persoon én aanlyn events betref, spesifiek ook die verkoop van kaartjies en registrasies, het Voelgoed Media byna tien jaar se ervaring, onder meer die EkwilEkkaneksal-konferensie, Oulike ma-bederfdag, Fliek-aand in pajamas, Vroue wat Glo-retreat, PassieVol-vertoning, Nuwe Jy 60 dae-uitdaging en méér.
Voelgoed Media se kaartjieplatform VoelgoedEvents is ’n Afrikaanse kaartjieplatform wat gedryf word deur die behoefte om ’n eie, unieke waarde-aanbod te bied wat nie met bestaande kaartjieplatforms meeding nie.
VoelgoedEvents is doelbewus ontwikkel om ’n gaping in die mark aan te spreek wat tans nie voldoende bedien word nie – naamlik ’n fokus op events (in-persoon en aanlyn) wat vermaak, inspireer en motiveer!
VoelgoedEvents is méér as bloot die koop van toegang tot ’n geleentheid – dit vorm deel van Voelgoed Media se visie om ’n gemeenskap te bou rondom inhoud en ervarings wat die hart en siel raak.

Waarom VoelgoedEvents se kaartjieplatform?
In-persoon events
VoelgoedEvents se kaartjieplatform bied alles wat jy nodig het om jóú in-persoon event soos ’n funksie, vertoning, produksie, fees, konferensie, webinaar, werkswinkel óf enige ander geleentheid wat vermaak, inspireer en motiveer se kaartjieverkope maklik en doeltreffend te bestuur!Aanlyn events
VoelgoedEvents is ook perfek vir die aanbied van aanlyn events soos webinare, kursusse, uitsendings óf enige ander virtuele geleentheid om registrasies of inskrywings te verkoop.Lootjies, ens
VoelgoedEvents se platform bied selfs méér as in-persoon en aanlyn events – en vat graag hande met organisasies wat ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap maak deur kaartjies en lootjies te verkoop, donasies te aanvaar óf enige ander soortgelyke inisiatiewe vir liefdadigheid van stapel te stuur. Wat die aanbied van in-persoon én aanlyn events betref, spesifiek ook die verkoop van kaartjies en registrasies, het Voelgoed Media byna tien jaar se ervaring, onder meer die EkwilEkkaneksal-konferensie, Oulike ma-bederfdag, Fliek-aand in pajamas, Vroue wat Glo-retreat, PassieVol-vertoning, Nuwe Jy 60 dae-uitdaging en méér.Wat VoelgoedEvents organiseerders bied!

Toeganklik
As organiseerder kry jy toegang tot jou event se kaartjieverkope – of jy nou op jou rekenaar of selfoon is, jy kan jou event maklik bestuur en bemark.

Laat jou event uitstaan
Maak jou event se bladsy ’n weerspieëling van jou handelsmerk, met jou inhoud, grafika, skakels, sosiale media en ander inligting oor jou event.

Kommissies en fooie
VoelgoedEvents bied ’n deursigtige fooie-struktuur bestaande uit kommissie-, besprekings- en transaksiefooie. Gewoonlik betaal die organiseerder van die event die kommissie, terwyl kaartjiekopers vir die besprekingsfooie verantwoordelik is.

Verslag en oorbetaling
Sewe dae ná die event word ’n konsolidasieverslag aan die organiseerder verskaf én die fondse verskuldig oorbetaal, terwyl VoelgoedEvents se kommissie-, besprekings- en transaksiefooie afgetrek word.

Databasis van gaste
Jou gaste se inligting (e-posadres en kontaknommer) is op versoek beskikbaar, sodat jy op enige tydstip toegang het tot die data wat jy nodig het om ’n event te bestuur en te bemark.

Statistiek
Statistiek soos besoekersdata op die webblad en sosialemediareikwydte is beskikbaar, sodat jy op die hoogte van die sukses van die event bly.

Digitale kaartjies
Kaartjies hoef nie uitgedruk te word nie, aangesien gevorderde skandeertegnologie gebruik word om gaste se kaartjies vinnig en maklik direk op hul selfone te skandeer.

Toegangsbeheer
Maak gebruik van VoelgoedEvents se skandeer-toepassing om kaartjies vinnig en maklik te skandeer om die toegang van gaste glad te laat verloop.

Afslag en promosies
Dit is maklik om ’n afslagprys (bv. Early Bird-afslag) by jou kaartjies op die webblad aan te dui, of spesiale afslagkodes vir spesiale gaste te genereer en jou teikenmark op ’n unieke manier te beloon.

Komplimentêre kaartjies
Wil jy komplimentêre kaartjies uitreik? Dit is maklik en eenvoudig om soveel komplimentêre kaartjies uit te reik as wat jy benodig – daar is wel ’n fooi per kaartjie betaalbaar.

Kansellasie van event
Indien ’n event gekanselleer word, sal VoelgoedEvents die terugbetalings aan kaartjiekopers namens die organiseerder fasiliteer, teen ’n ooreengekome fooi per kaartjie (die kommissie-, besprekings- en transaksiefooie uitgesluit).

Hulp met inhoud
Ons span help graag met die teksversorging en proeflees van inhoud teen ’n vasgestelde tarief om te voldoen aan ons mediahuis se redaksionele standaarde.

VoelgoedEvents-nuusbrief
Webbladbesoekers het die geleentheid om op die maandelikse nuusbrief in te teken, terwyl kaartjiekopers outomaties ingeteken word om op die hoogte van opkomende events te bly.

Promosie-nuusbrief
Organiseerders het die geleentheid om soveel nuusbriewe as wat jy benodig aan gaste te e-pos teen ’n vasgestelde fooi per nuusbrief. Dit sluit die saamstel, teksversorging en proeflees van inhoud in.
Wie of wat is Voelgoed Media?
Die digitale era het die manier waarop mense leef, speel en werk vir goed verander – Voelgoed Media omhels dié nuwe wêreld!
Voelgoed Media het die afgelope tyd verskeie nuwe baadjies aangetrek en spog met ’n blinknuwe webblad, aanlyn TV-program, aanlyn winkels, inspirerende funksies, podsendings, webinare, en verskeie inisiatiewe soos bootreise en Voelgoed-produkte.
’n Handelsmerk is meer as net ’n logo, dit is onder meer ook ’n identiteit, waardes en ’n doel. Die naam Voelgoed Media verteenwoordig ’n leefstyl – om goed te voel oor jouself en jou geloof, jou huwelik en ouerskap, selfs jou werk en geld, én ook jou gesondheid en skoonheid.

Dankie vir die ondersteuning!



Vermaak, inspireer en motiveer
Kontak VoelgoedEvents
Kontak ons as jy belangstel om VoelgoedEvents se kaartjieplatform vir jóú funksie, vertoning, produksie, fees, konferensie, webinaar, werkswinkel óf enige ander geleentheid wat vermaak, inspireer en motiveer te gebruik.
Kontakbesonderhede
Kliek vir ons Privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes