Ek wil kinders help om te floreer

Ek wil kinders help om te floreer

JANKE BOTHA wil kinders help om die beste weergawe van hulleself te wees. Sy is ’n aanbieder van WIRED se studiemetode–werkswinkels. 

Positiwiteit is hoe ons moeilike omstandighede en uitdagings oorkom 

My gesin was nog altyd positief oor die lewe. Ek glo dit is hoe ons moeilike omstandighede en uitdagings kon oorkom. Ons huis was altyd vol lag, pret en liefde, selfs wanneer dit nie goed gegaan het nie. Dit is herinneringe wat ek koester.

Ná matriek het ek Pretoria toe getrek om te studeer en deeltyds te werk.

Die stad se lewenslus, warm mense en bonatuurlike strewe na meer het my dadelik vasgevang.

Om die Here te herontdek, het my lewe verander. Ná baie teleurstellings en onsekerheid het ek as 19-jarige weer besluit om my hart vir die Here te gee. My menswees het verander.

Dit was tydens ’n X3DE-jeugkamp wat ek weer my intieme verhouding met Hom hervat het. Ek is sedertdien aktief betrokke by dié groep.

Die mense, die lewensbeginsels en om net onselfsugtig te dien, het vir altyd verander wie ek is ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

LIZZ MEIRING het nie veel meer as toneelspeel nodig om energie binne haar los te maak nie. Daarom glo sy dat elke persoon moet leef ...

LIZETTE VOLKWYN se passie is om mense te help om hulle volle potensiaal te bereik. Sy voel dit is haar lewensdoel om vir ander hoop ...

Scroll to Top