Op 9 weke begin ons droom verkrummel

Op 9 weke begin ons droom verkrummel

Verlies is deel van die lewe. Dit klink dalk snaaks, maar slegte dinge gebeur nie op ’n ongeleë tyd nie. Voor jy ander kan help heelword, moet jy eers deur jou eie emosies en hartseer werk. 

Ek maak my oë oop in die hospitaalbed en vat onwillekeurig aan my maag. Dit voel sommer net ... leeg. Hier binne my, waar daar nog ’n paar dae gelede die wonderwerk van ’n nuwe mensie gegroei het, is nou niks.

Ek was amper tien weke swanger toe ek skielik begin bloei. Dit was aanvanklik niks meer as net ’n paar kolletjies nie. Die dokter het my en Wynand huis toe gestuur met die raad dat ons die bloeding moes dophou, en dadelik moet terugkom as dit erger word.

In die spreekkamer was die hartkloppie nog normaal en ons kon die vae vorm van ’n nuwe lewetjie op die sonarskerm sien. Maar dié bietjie gemoedsrus het oor die volgende paar dae soos mis voor die son verdwyn.

Die bloeding het nie opgehou nie. Dit het net erger geword, in so ’n mate dat ek instinktief geweet het ek het ons ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Wat ons van Jesus weet en kan sê, getuig van Sy uniekheid. Wees met Jesus–eienskappe ’n rolmodel vir ander. Wie dit die minste verdien, word ...

Die wêreld het gesinne met sterk waardes nodig. Daarom is dit belangrik dat elke man (en vrou) elke oomblik in ooreenstemming leef met dit wat ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!