Ek dans al hoor ek nie die musiek nie

Ek dans al hoor ek nie die musiek nie

Gryp elke geleentheid aan, want jy weet nooit watter deure dit vir jou sal oopmaak nie. My gehoorgestremdheid was deel van Sy groter plan vir my. 

Dis openingsaand. My eerste hoofrol vir die Bovim-balletgeselskap. Ek moet fyn konsentreer op die klanke wat deur my gehoorapparaat opgevang word. Daarsonder is ek stokdoof.

My passie vir dans het begin toe ek as tweejarige op my ma se skoot in die balletklas gesit het. Ek was anders, maar dit het my min geskeel.

My ouers vertel dat wanneer ek ’n verhoog of ...

Gryp elke geleentheid aan, want jy weet nooit watter deure dit vir jou sal oopmaak nie. My gehoorgestremdheid was deel van Sy groter plan vir my. 

Dis openingsaand. My eerste hoofrol vir die Bovim-balletgeselskap. Ek moet fyn konsentreer op die klanke wat deur my gehoorapparaat opgevang word. Daarsonder is ek stokdoof.

My passie vir dans het begin toe ek as tweejarige op my ma se skoot in die balletklas gesit het. Ek was anders, maar dit het my min geskeel.

My ouers vertel dat wanneer ek ’n verhoog of platform gesien het, ek dadelik stelling gaan inneem en begin perform het, totaal onbewus van die mense wat my dophou.

Daar was baie wat geglo het dat ek nooit eendag professioneel sou kon dans nie. Ek was ses jaar oud toe ek in die eindronde by ’n kunstefees gedans het.

Ek het nie gewen nie en ons het dit so aanvaar, maar die volgende dag het my ouers ’n foonoproep van ’n baie emosionele beoordelaar gekry.

Sy vertel toe dat sy tussen my en ’n ander meisie die wenner moes kies. Dis toe dat sy die vrou langs haar se mening vra. Dié vertel haar dat ek doof is en dat sy eerder die ander meisie moet laat wen, “aangesien die dowe enetjie dit nie vêr in die danswêreld sal maak nie”.

Die beoordelaar het haar raad gevolg, maar het agterna so skuldig oor haar keuse gevoel dat sy besluit het om die prys vir die “regte” meisie te gee.

Ek het die gevoel gekry dat die Here graag wou hê ek moet tot die verheerliking van sy Naam dans.

Dit het die idee vir ’n professionele Christelike dansgeselskap by my laat posvat, maar ek het na ’n teken gesoek vir bevestiging.

Die teken het in ’n vreemde droom na my gekom. Dit was ’n droom vol getalle.

Die getalle het in plek geval en my na Prediker 3:4 gelei: “… ’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans.”

Toe ek dit lees, het ek net gewéét: Die tyd om van blydskap tot eer van Hom te dans, het aangebreek!

Ek is gebore om te dans. Dis my én God se droom.

Deel die artikel

Méér artikels

“Ons is hier op aarde om God te dien”, het my ma my van kleins af geleer. “Jy moet goed wees vir ander, maar jy ...

Die soektog na betekenis is ’n reis. JO VAN DER MERWE deel hoe haar soeke na haarself haar gelei het na ’n doel, aanvaarding en ...

Scroll to Top