Ek kon my kind nie red van verslawing nie
- Hoopstories
- Cheré King-Marais
Ons het soveel tyd gemors. Tyd wat ek nooit kan terugkry nie. My kind het net sekuriteit en liefde gesoek. Aan die einde kon ek daar wees vir haar en ten minste vertel hoe lief ek vir haar was.
Op dieselfde erf was ons al twee besig met dieselfde onheil. My tienerdogter Ashleigh in die buitekamer saam met haar pêlle en ek binne saam met my tik-vriende. Ons het dieselfde verskaffers gebruik, maar nooit saam tik gerook of openlik daaroor gepraat nie. Ons was te skaam.
Tik het my gevoelens, maar ook my gewete, verdoof. Dit is wat dwelms aan jou doen. Dit raak jou god. Jy gaan dood in jouself. Jy weet nie wie jy is nie. Dit gaan op die ou einde net oor jou dwelmbehoeftes.
Ek het geweet sy gaan deur dieselfde pyn en vrees, maar ek het nie omgegee nie.
Ná die dertiende keer wat ek my lewe wou neem, het ek ingestem om hulp te kry. Ek is na ’n veiligheidshuis, House of Hope, gebring.
Daarna wou Ashleigh net altyd weet: “Is Mamma al gesond?” Hierdie klein mensie ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Ons is hier op aarde om God te dien”, het my ma my van kleins af geleer. “Jy moet goed wees vir ander, maar jy ...
Ek het die gebruik van my bene verloor. My toekoms gaan afhang van hoe ek met hierdie wrede werklikheid gaan saamleef. Want ek wil nie ...