Ek kry my troos tussen dobbelmasjiene

Ek kry my troos tussen dobbelmasjiene

Dobbel is ’n bose kringloop. ’n Siekte. En dis bitter moeilik om daaruit te ontkom. Ek het besef dat ek niks beter as enige ander verslaafde was nie.

Dobbel stroop jou van jou gewete, menswaardigheid en integriteit

“Baby, I want you to love me …” sing ek die woorde liefies terwyl ek die dobbelmasjien soen. Ek kyk skuldig rond, torring aan my pruik en skuif die donkerbril reg op my neus. Ek mag nie eintlik hier wees nie.

Jackpot! Die masjien se ry prentjies val een, twee, drie ...

Dobbel is ’n bose kringloop. ’n Siekte. En dis bitter moeilik om daaruit te ontkom. Ek het besef dat ek niks beter as enige ander verslaafde was nie.

Dobbel stroop jou van jou gewete, menswaardigheid en integriteit

“Baby, I want you to love me …” sing ek die woorde liefies terwyl ek die dobbelmasjien soen. Ek kyk skuldig rond, torring aan my pruik en skuif die donkerbril reg op my neus. Ek mag nie eintlik hier wees nie.

Jackpot! Die masjien se ry prentjies val een, twee, drie in my guns: R25 000.

Ek is so bly dat ek spontaan in die lug spring en jil van vreugde. Met die springslag trek die pruik dié kant toe en die sonbril daardie kant toe.

Die dobbelhuis se beamptes is gou by, en kom agter dat ek nie hier mag wees nie. Dus is die wengeld ook nie myne nie. Ek gaan druipstert terug huis toe.

Eers was dit net op Saterdae. Toe die hele naweek, en later sommer vir ’n week op ’n slag.

Toe my man nie meer wou saamspeel nie, het ek skelm saam met vriendinne begin gaan.

Daar was nie ’n einde aan my leuens nie. “Ek gaan net gou toiletpapier koop,” sou ek vir my gesin sê en dan vir vier dae verdwyn.

Ek het gereeld geld uit my man se beursie gesteel en dit later selfs direk uit ons besigheid se rekening getrek. Ander kere sou ek die kinders se sakgeld gebruik of skaamteloos vir vreemdelinge vra om vir my geld te leen.

Dobbel is ’n bose kringloop. ’n Siekte. En dis bitter moeilik om daaruit te ontkom. Dit sluk jou in, spoeg jou uit en stroop jou van jou gewete, menswaardigheid en integriteit.

God kan jou vrymaak van jou dobbelverslawing

Jy gee later nie meer om hoe jy lyk, vir wie jy jok, hoeveel geld jy leen (of steel) of wat ander van jou dink nie. Jy word net soos die druggie wat na sy volgende fix smag.

Tot op ’n dag. My neef se telefoonoproep het my tot in my diepste wese geskok. Hy het gesê my dogter (toe 23) is met dwelms betrap.

Ek het in daardie skok-oomblikke besef dat ek niks beter as sy of enige ander verslaafde was nie. Sy is vir ’n jaar in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem, en dit het ook my jaar van afsondering geword.

Terwyl sy met haar verslawing geworstel het, het ek met myne gestoei. Binne die mure van ons huis het ek my frustrasie en selfverwyt uitgewoed.

Gehuil, geskree, goed rondgegooi. Gebid, gesmeek … en geluister na wat God vir my wou sê. Sy woorde was dat my dogter as ’n “offer” gebruik is om my tot stilstand te ruk.

In my jaar van afsondering het ek ’n bidkamer ingerig en Bybeltekste oral op die mure begin skryf. Dit was ’n versoekskrif van dít waarop ek gehoop het. My hoop is vervul, want in daardie jaar het God ons albei vrygemaak.

Deel die artikel

Méér artikels

“Ons is hier op aarde om God te dien”, het my ma my van kleins af geleer. “Jy moet goed wees vir ander, maar jy ...

Die soektog na betekenis is ’n reis. JO VAN DER MERWE deel hoe haar soeke na haarself haar gelei het na ’n doel, aanvaarding en ...

Scroll to Top