’n Kar ry my flenters en vat my loopbaan weg inspirerende boodskap inspirasie hartseer

’n Kar ry my flenters en vat my loopbaan weg

Ek is ’n beter mens as vroeër. Ek het ’n sterker band met God. Ek het waardering vir die lewe. Ek kan nie ophou om mense te wil help, na hulle te luister of om hulle gelukkig te wil sien nie.  

My hart klop in my keel toe die maatskaplike werker die nuus oordra. “Jammer, Chantelle, maar jy’s nie meer in staat om polisiewerk te doen nie.”

Skielik oorval die woede, hartseer en teleurstelling waarmee ek al vyf jaar worstel, my van voor af. Hoekom moes die ongeluk gebeur? Hoekom moes dit ék wees?

Die aand van die ongeluk is ek uitgeroep om te help met ’n padblokkade. Dit was reeds donker toe ons die motors begin aftrek. Ek het by ’n motoris se venster gestaan toe almal skielik uit die pad spring. Almal, behalwe ek, sien die kar wat teen volle vaart deur die versperrings jaag.

Die impak laat my 14 meter deur die lug trek voor my agterkop die teerpad tref. My oor bars oop. My skedel breek.

Toe ek wakker word, is die “ou Chantelle” weg. Letterlik. Die impak teen ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die soektog na betekenis is ’n reis. JO VAN DER MERWE deel hoe haar soeke na haarself haar gelei het na ’n doel, aanvaarding en ...

LAURIKA BEKKER deel die hartroerende verhaal van haar dogter se ongeluksreis, van verwoestende beserings tot ’n pragtige herstel, en ’n besluit tussen lewe en dood. ...

Scroll to Top