Só oorkom ek … uitdagings
- Só oorkom ek...
- Rayno en Lynn van Vuuren
Ná jare se pogings om swanger te raak, het RAYNO en LYNN VAN VUUREN se oudste seun, Oliver, alle grense van normaal in hulle lewe kom verskuif toe Down–sindroom by hom gediagnoseer is.
My kamera was gereed om elke oomblik van ons 12 weke-ondersoek af te neem. Die afwagting was immers groot. Watter geslag is ons baba? Ons wou dit al lankal weet! Dit was reeds nadat ons vir sowat ses jaar probeer het om swanger te raak.
Die dokter was bekommerd oor die dikte van ons baba se nekvelletjie. Volgens hom is daar ’n een uit 288 moontlikheid dat ons eersteling abnormaal sou wees. Bloedtoetse was die volgende stap.
As die mat onder jou uitgeruk word, leer jy baie vinnig dat alles nie altyd uitwerk soos jy dit beplan of wil hê nie. In dié pynlike tyd word ons geduld en vertroue geleer.
Dieselfde aand was die nuus oor die foon dat die kans vir ’n abnormale kind nou een uit 33 is. Nog ’n toets het gevolg. In my kop was dié kans steeds skraal en die hoop veel groter dat ons baba normaal ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Vir ses jaar lank het MERWEDE VAN TONDER elke aand verby die leë babakamer gestap. Maar elke aand het sy bly bid en droom oor ...
Vir Deon en Lizelle Griessel het ’n droom wat baie Suid–Afrikaners koester, waar geword – Lizelle het ’n werksaanbod in Australië gekry. Maar om te ...