Só oorkom ek ... die hunkering na ’n kind

Só oorkom ek … die hunkering na ’n kind

Vir ses jaar lank het MERWEDE VAN TONDER elke aand verby die leë babakamer gestap. Maar elke aand het sy bly bid en droom oor ’n kind van haar eie.

Die wêreld is nie ’n gerieflike plek vir ’n vrou wat sukkel om swanger te raak nie. Daar is nie spesiale verlof, ’n strikkie, of ’n kopband wat jy kan dra om die mensdom te waarsku nie: Breekbaar, hanteer asseblief versigtig. Infertiliteit is lank, swaar, seer, duur, wreed en koud.

Ek het so lank vir my man, Simon, gebid. Ons al twee wou graag kinders hê en het besluit omdat ek toe reeds 30 jaar oud was dat ons sommer dadelik ná ons troue gaan probeer swanger raak.

In my hart het ek geglo dit gaan ’n wittebroodbaba wees.

Ses maande later was die wittebrood lankal vergete, en my baarmoeder steeds leeg.

Die desperate en pynvolle stryd met infertiliteit

Aanvanklik het die dokter sommer net vir my medisyne gegee om ovulasie te stimuleer, dit was nog te vroeg om bekommerd te raak.

Niks het gebeur ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Vir Deon en Lizelle Griessel het ’n droom wat baie Suid–Afrikaners koester, waar geword – Lizelle het ’n werksaanbod in Australië gekry. Maar om te ...

Beplanning is in ANEL WASSERFALL se bloed. As produksiebestuurder en besprekingsagent, en boonop getroud met die sanger Dewald Wasserfall, verstaan sy die bedryf goed. Máár ...

Scroll to Top