Só oorkom ek … wanhoop
- Só oorkom ek...
- Werner Joubert
WERNER JOUBERT van Survivor–faam en sy vrou, Juné, se plan vir ’n tweede kind wou net nie uitwerk nie. Wanhoop het hulle harte vasgegryp! Toe die moontlikheid van aanneming opduik, was daar weer hoop.
Mens probeer om nie te veel te hoop nie, maar jy kan nie help nie. Jy sien uit om weer te hoor jou vrou is swanger.
En dan kom dáárdie dag in die maand en sy is wéér nie swanger nie – vir drie jaar lank. Telkens stort ’n mens se wêreld in duie en die groot hartseer oor nog ’n teleurstelling is van voor af daar.
Daar was een dag wat ons onder ’n boom gesit en letterlik getreur het. ’n Treurhuil – onbedaarlik en aanhoudend. ’n Vriendin – wat al self nege jaar wag om swanger te word – het oor die foon na die trane geluister.
Jy wéét Sy wil is die beste en jy sal berus daarby. Of jy sal ten minste probeer. Maar ’n mens se emosies raak buite beheer en ’n weerloosheid bekruip jou in die wagtydperk.
Gaan ons weer swanger raak, of ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...
Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...