[OUDIO] Bestuur jou tyd as jou grootste bate
- Ouerskap [Oudio]
- Esther Taljaard, filantroop en digitale bemarker
As daar net meer tyd was … Hoeveel van ons gebruik hierdie woorde? Begin dadelik in die nóú leef en keer so dat jy enige opwinding misloop!
Moenie kyk wat jy nié saam met jou kinders gedoen het nie, kyk eerder wat jy daardie uur wel saam met hulle kan doen. En sit alle afleidings weg.
Laat jou foon verdwyn vir daardie sestig minute en kyk eers weer later daarna. Doen alles in jou vermoë om teenwoordig te wees en besef al die ander goed op jou to-do list kan wag. Ons moet besef ’n verhouding met ons kinders vloei vanuit ons verhouding met Jesus.
So word die beste verhouding gekweek, want wanneer jy onseker is, kan jy net op Hom staatmaak. Hy is altyd daar.
Ter bemoediging vir elke mamma: jy is goed genoeg, en jy is in staat om elke droom wat jy vir jou kind het, te help bewaarheid. Elke dag saam met jou kinders is dalk nie volmaak nie. Maar weet elke oomblik: dit is ’n geleentheid vir almal om “daar” te wees. Laat dit tel.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Cherise Vermeulen, skrywer en vervaardiger van TV-programme vir kinders
Ons verheerlik God nie sodat Hy daaruit kan voordeel trek nie, maar sodat óns kan! Dit beteken nie dat Sy aanbidding op ons behoeftes gebaseer ...
Lily Rennie, lewensafrigter
Ons sukkel soms so om self ons weg te probeer vind, dat ons nie die deur in die donker raaksien nie. Staan terug en ontvang. ...
As mamma en vrou hou ons die atmosfeer in die huis in ons hande en ons stemtoon vas. ’n Kalm ouer, het ’n groot uitwerking ...