Alles begin met jou ingesteldheid. Só sê die internasionale motiveringspreker en skrywer GUSTAV GOUS tydens die #EkwilEkkanEksal–konferensie. Jy kan vir jouself sê dat jy eenvoudig nie goed genoeg is nie óf jy kan vir jouself sê dat jy beter kan word in enigiets waaraan jy jou energie toewy.