[OUDIO] Laat gaan wat voel soos ’n groot gesukkel
- Selfhelp [Oudio]
- Lily Rennie, lewensafrigter
Ons sukkel soms so om self ons weg te probeer vind, dat ons nie die deur in die donker raaksien nie. Staan terug en ontvang.
Ek het alles laat gaan waaraan ek vasgeklou het, soos iemand wat gereed is om te val. Die worsteling en wroeging binne my het stilgeword.
Ek het begin verf, iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar graag wou probeer. Elke dag is begin met ’n doelbewuste besluit om dankbaarheid te beleef vir elke klein dingetjie in my lewe. My lekker kussing en warm bed, my gunstelingkoffie en die glimlag op ’n vreemdeling se gesig.
Ek het elke dag gekies om dáár te wees in elke oomblik en dit ten volle te beleef. Dit was asof ek op ’n stoel gaan sit het in hierdie donker kamer met volle aanvaarding vir wat was.
Dit was in hierdie oomblik van diepe tevredenheid in die donker, dat my oog toe die lig vang wat deur ’n gleufie inkom. Die oomblik toe ek ophou soek het, was dit daar … die deur!
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Liesel Krause-Wiid
“Jy is so gelukkig soos wat jou verhouding is. Wees lief vir God en jou naaste,” sê predikant en skrywer LIESEL KRAUSE-WIID. Dit is nie ...
Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou te bid.
...Tilesia Colyn
“Hoekom is dit belangrik om jou gedagtes te verander om jou ware self te vind? Die Woord van God sê dit vir ons,” sê TILESIA ...