[Oudio] Vind jou weg deur negatiewe gedagtes
- Selfhelp [Oudio]
- Armand Kruger, kliniese sielkundige, skrywer en afrigter
Ons gedagtes word maklik besoedel deur slegte ervarings. Dit is belangrik om sulke gebeure agter ons te los en jou weg te vind deur negatiewe gedagtes.
Die gedagtes in ons brein is altyd op pad êrens heen. Ons brein is immers ontwerp om uitkomste te bewerkstellig.
Hoe en wat ons dink, bepaal die uitkoms en ook hoe ons voel. Gedagtes is nie staties nie. Dit is in werklikheid ’n proses, bykans soos ’n program in jou rekenaar.
Dieselfde program gee jou toegang tot bepaalde funksies en bepaalde uitkomste.
As jy dink soos jy dink, kry jy wat jy kry, in beide jou gevoelens en jou gedrag. As jy verlief is, bly jy verlief tot jou gedagtes verander. Dan word die gevoel van liefde minder of anders, soos wat jou gedagtes jou interne werklikheid verander.
Hierdie veronderstelling geld ook vir negatiewe, seer of onwelkome ervarings. Mense wat byvoorbeeld bly vashaak by trauma maande nadat dit gebeur het, dink op ’n sekere manier oor hulle trauma. So hou hulle die trauma “lewendig”. Dit is asof hulle vergeet hulle het oorleef.
Sulke gebeurtenisse ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...
Lynette Beer
“As jy ’n droomsoeker wil wees moet jy begin by die vraag: Wie is ek? Jy kan tog nie ’n droom leef as jy nie ...
Om te peusel of nie te peusel nie … Peuselhappies hou verskeie voordele en nadele in. Die belangrikste is egter om vas te stel wat ...