[OUDIO] Ware vriendskap word nie gekoop nie

Struikelblokke kan ons maklik pootjie. Dit steel ons lewensvreugde. Nogtans kan jy kies om op te staan en dit as ’n geleentheid vir groei te gebruik.

Daar is ’n gesegde: Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms. Ons word geken aan die mense in wie se geselskap ons gereeld verkeer. Vriende, anders as familie, is ’n keuse: ’n Mens kan kies saam met wie jy jou tyd wil deurbring. Iemand het gesê dit is die familie wat ons vir onsself kies. Jy deel jou drome, hoop, vrese en hartseer met hulle. Vriendskappe as sosiale verhoudings is van onskatbare waarde. Dit help jou ontwikkel en verskaf leiding op die kronkelende pad van die lewe. Jy word soos jou vriende, want julle praat oor dieselfde dinge. Hulle waarhede word jou waarhede en julle stem meestal saam oor sake.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Baie mense wonder hoe kan hulle met meer hoop lewe terwyl dit voel of krisisse en uitdagings hulle van alle kante tref.

...

Cathy de Lange

Glo jy te veel skermtyd gaan jou kinders se oë vierkantig maak? Daar is ’n tyd en plek vir alles, omhels skermtyd wanneer dit nodig ...

Annelize Smit, skoonheidsterapeut

Ons word gereeld met frustrasies en uitdagings gekonfronteer wat ’n mens gestres laat en jou vrede steel. Dit is dan moeilik om weer perspektief te ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!