Dis amper Kersfees en ’n tyd van gee. Die boek Die Weg-Gewer leer ons dat die eerste wet wat jy vir ’n suksesvolle lewe moet volg, is om te gee.
Die Weg-Gewer leer ons dat gee die geheim tot ’n suksesvolle lewe is. Ek leer jou die vyf wette wat jy moet volg om stratosferiese sukses te behaal, en hoe jy dit prakties in jou eie lewe, in jou loopbaan en selfs in jou finansies kan toepas.
- Kersfees is ’n tyd van gee. Wat leer ons by die Weg-Gewer?
- Die verhaal van Joe – die soektog na sukses.
- 1. Die wet van Waarde
- 2. Die wet van Vergoeding
- 3. Die wet van Invloed
- 4. Die wet van Geloofwaardigheid
- 5. Die wet van Ontvang
- Hoe pas jy hierdie 5 wette prakties toe?
In die boek ontmoet ons vir Joe — ’n jong, gedrewe verkoopsman wat desperaat is om sy kwartaalteikens te haal. Hy werk hard, hy probeer alles, maar hy behaal net nie sy doelwitte nie. Vir baie van ons klink dit bekend: jy voel jy gee alles, maar dit voel asof jy net nie vorentoe beweeg nie.
Joe is onder druk. Sy teikens hang oor hom soos ’n donderwolk. En hy glo, nes baie van ons, dat indien hy: “net ’n bietjie meer kan kry…” Meer verkope, meer kliënte, meer resultate, dan gaan hy suksesvol wees.
En toe ontmoet hy vir Pindar — die legendariese mentor wat bereid is om sy sakegeheim met Joe te deel. Met hul eerste ontmoeting deel Pindar hierdie waardevolle juweel tot sy sukses met Joe. En sy geheim is: GEE. Jy’t reg gehoor! Net dit.
En weet jy, eintlik doen suksesvolle mense dit gedurig. Hoe meer suksesvol hulle is, hoe gewilliger is hulle om hul geheime tot sukses met ander te deel.