Warren Buffett is die bekendste en seker een van die mees suksesvolste beleggers van ons tyd. Wat kan ons by hom leer? Kom luister hoe die tydlose beginsels uit ses van sy bekende sêgoed jou kan help om ryker te word.
Warren Buffett se sêgoed is propvol insig, humor en praktiese raad. Dit bevat nie hoogdrawende teorie of ingewikkelde formules nie, maar eerder eenvoudige voorbeelde en raad wat jy in jou eie finansiële lewe kan toepas.
- Wie is Warren Buffett?
- Wees bang wanneer ander gierig is, en wees gierig wanneer ander bang is.
- Dit is nie nodig om buitengewone dinge te doen om buitengewone resultate te kry nie.
- Wall Straat maak sy geld uit aktiwiteit. Jy maak jou geld deur onaktief te wees.
- Voorspellings sê baie oor die voorspeller, maar niks oor die toekoms nie.
- Die belangrikste belegging wat jy kan maak, is in jouself.
- In die sakewêreld is die truspieëltjie altyd duideliker as die voorruit.
Warren Buffett se sêgoed is nie net skerp aanhalings nie. Hy leer ons hoe om praktiese en tydlose beginsels toe te pas. Sy raad kan jou help om beter besluite te neem, jou emosies te beheer en jou welvaart oor tyd te groei. Buffett het nie ryk geword deur die nuutste tendense of giere na te jaag of deur geheime inligting te hê nie. Nee, hy het sy welvaart gebou deur eenvoudige, tydlose beginsels konsekwent toe te pas en geduldig te bly wanneer ander paniekerig raak. Hy is ‘n langtermyn belegger wat weet dat tyd in die mark baie meer waardevol is as om die mark te probeer “time”. En dít is alles dinge wat jy en ek ook kan doen. Kom luister na 6 van Buffett se bekendste sêgoed en hoe dit jou kan help om beter finansiële besluite te neem en uiteindelik ryker te word.