“Die Rykste Man in Babilon”, deur George S Clason, met finansiële teksnotas deur my pa, Hein Kruger, het net oor ʼn 100 bladsye, maar het reeds miljoene mense se denke oor geld, skuld en beleggings verander.
Uit Die Rykste Man in Babilon leer ek jou die sewe eeue oue geldwette en beginsels om suksesvol ryk te word, solank jy dit deurlopend met selfdissipline toe pas.
- ʼn Inleiding tot een van die belangrikste finansiële boeke nóg.
- 1. Begin om jou beursie vet te maak
- 2. Beheer jou uitgawes
- 3. Laat jou geld vir jou werk
- 4. Beskerm jou skat teen verlies
- 5. Maak jou huis ’n winsgewende belegging
- 6. Verseker jou toekomstige inkomste
- 7. Vermeerder jou vermoë om te verdien
Kom luister en leer waarom Die Rykste Man in Babilon een van die belangrikste finansiële boeke nóg is. Gebruik en pas die finansiële beginsels hierin toe en laat dit jou lewenspad word van ʼn gedurige plat-sak-bestaan tot ‘n verantwoordelike en gelukkige lewe waar jou beursie altyd vol is.
Geld is die middel waaraan aardse sukses gemeet word.
Geld maak die genietinge van die beste wat die aarde kan bied moontlik.
Geld is volop vir hulle wat eenvoudige wette verstaan oor hoe om dit te maak.
Geld word steeds vandag beheer deur dieselfde wette wat deur baie eeue, ook in Babilon, deur voorspoedige mense toegepas is.
Geld is in oorvloed vir hulle wat die eenvoudige wette verstaan om dit bymekaar te maak.
As jy geld sonder selfdissipline spandeer, verstrengel dit jou. Maar wanneer jy die eeue oue wette van geld met selfdissipline toepas gee dit vir jou finansiële sorgvryheid.