Wat is SPAAR en wat beteken dit om te SPAAR? Leer alles wat jy oor SPAAR wil weet en kry ʼn paar oulike, praktiese wenke oor hoe jy ʼn bobaas spaarder kan word.
Om te spaar is om geld weg te sit vir die toekoms in plaas daarvan om dit dadelik te gebruik. Om te spaar is ook om spaarsamig en slim te leef sodat jy minder geld uitgee en meer het om vir jouself te hou. Dit is hoe ʼn mens voorbereiding tref vir toekomstige behoefte, vir noodgevalle of bepaalde doelwitte.
Om te spaar is om geld weg te sit vir die toekoms in plaas daarvan om dit nou dadelik te gebruik. Dit is hoe ’n mens voorbereiding tref vir toekomstige behoefte, vir noodgevalle of bepaalde doelwitte.
Om te spaar is ʼn ingesteldheid. Jy moet minder geld spandeer as wat jy verdien sodat jy geld het om te spaar.
Die doelwit van jou begroting is om seker te maak dat jy minder uitgee as wat jy verdien. Dit is die fondament en die goue reël van welvaartskepping. As jy hierdie basiese beginsel leer, dit jou eie maak en dit getrou toepas sal jy nie net elke maand geld oor hê om te spaar nie, maar sal jy finansieel sorgvry raak en welvaart bou.
Om te spaar is ook om spaarsamig en slim te leef sodat jy minder geld uitgee en meer het om vir jouself te hou. Van die rykste mense wat ek ken, lewe spaarsamig en nie spandabelrig soos wat baie mense dink nie.
● Jy het ʼn begroting nodig om seker te maak jy het geld om te spaar.
●Wenke om spaarsamig te leef:
- Kanselleer maandelikse subskripsies
- Maak self kos ipv uiteet en wegneemetes
- Maak van lojaliteitsprogramme gebruik
- Vermy impulsiewe kopies
- Oorweeg ʼn saamryklub
- Oorweeg dit om jou leefstyl af te skaal
- Verkoop onnodige en ongebruikte goedere
●Waarvoor spaar jy?
- Noodfonds
- Om skuld af te betaal is die beste belegging!
- Spaar vir aftrede of jou oudag wanneer jy nie meer kan werk nie.
- Spaar vir groot uitgawes soos selfone, kar, huis.
- Spaar vir kinders se opvoeding of universiteit.
- Spaar vir vakansies of spesiale ervarings.
●Spaar jou geld op ʼn veilige en toeganklike plek.