[VIDEO] CARIKE KEUZENKAMP – ’n Lewe van roem, liefde en ware vreugde 

CARIKE KEUZENKAMP is ’n legende in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy gesels oor haar lewe in die openbare oog, ’n suksesvolle huwelik en ’n lewe vol vreugde en dankbaarheid. 

Vroeg in my huwelik het Olaus my geleer hoe belangrik dit is om te dink voor ek praat, veral wanneer ek in die kollig is. Op 19 of 20 moes ek die media hanteer, en gelukkig was Olaus daar om raad te gee.  

Hy sou sê: “Dink eers oor die saak. As iemand iets wil weet, vra vir ’n oomblik om die stoof af te sit en bel dan terug.” Dit help om nie dadelik te reageer nie. 

Ek het ook geleer dat jy nie ’n mening oor alles hoef te hê of dit altyd hoef te deel nie. Dit is beter om diplomaties te wees en te erken dat sommige kwessies moeilik is en dat dit moeilik kan wees om ’n kant te kies. 

Om met dankbaarheid te leef beteken om te fokus op wat jy het eerder as wat jy kortkom of wat verkeerd geloop het. Ware vreugde kom van binne, en ek is dankbaar vir ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die video

Méér video’s

Gustav Gous

Neem beheer oor jou lewe! GUSTAV GOUS bespreek noodsaaklike bestuursvaardighede en help jou om te ontdek wat jy moet bestuur vir ’n meer doeltreffende lewe. ...

Minette Visser 

Is koffie goed of sleg vir jou? Daar is soveel teenstrydige inligting oor koffie en jou gesondheid. Vind uit hoe jy jou boeretroos skuldvry kan ...

Serahni Symington

Jou kinderjare vorm jou ouerskapstyl. SERAHNI SYMINGTON verduidelik hoe jou vroeë ervarings jou dissiplinemetodes beïnvloed en jou die ouer maak wie jy is. Wie is ...

Scroll to Top