Hoe jou ervarings as kind jou metodes van dissipline vorm
- Self [Video]
- Serahni Symington
Jou kinderjare vorm jou ouerskapstyl. SERAHNI SYMINGTON verduidelik hoe jou vroeë ervarings jou dissiplinemetodes beïnvloed en jou die ouer maak wie jy is.
Wie is ek as ouer, as ek dink aan my ouerskap en hoe ek grootgemaak is?
Ons ouerskapstyl word deur ons eie ervaring van ons kinderjare gevorm. Dr Becky Bailey het geskryf dat die eerste 1 000 dae van ons lewe ons ontwikkelling en brein-neurologie so beïnvloed dat dit die bloudruk is vir die res van ons lewe.
Dit is merkwaardig om te dink dat so ʼn jong brein, so ʼn gevorderde breinpad kan vorm wat so diep gegrond is in die lewe. As grootmense is daardie narratiewe, wat in jou eerste drie jaar gevorm word, so sterk in ons dat wanneer jou kind iets doen wat jou vererg, jou ma by jou mond uitkom.
Het ons dit nie al beleef nie? Soms is dit goeie dinge wat by jou mond uitvlieg. Soms is dit nie goeie dinge nie...
Hoe het jou kinderjare jou ouerskap beïnvloed? Ons sien dit partykeer in ons eie kinders – dat ons eie of herinneringe ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die video
Méér video’s
Marciel Hopkins
- Marciel Hopkins
MARCIEL HOPKINS het baie geleer uit haar tyd as Boer Soek ’n Vrou aanbieder, maar nou stap sy weg met vrede en opgewondenheid vir die ...
Liesel Krause-Wiid
- Liesel Krause-Wiid
LIESEL KRAUSE-WIID se betrokkenheid by welsynaksies weerspieël haar liefde, vrygewigheid en geloof. Deur deernis en omgee maak sy daagliks ’n verskil. Die Bybel sê dit ...
Lizanne du Plessis
- Lizanne du Plessis
Diepgaande geselsies is leer- en groeitye vir almal in die huis. Hierdeur word ouers dinge wys oor wat in hulle kroos se koppe en harte ...