[VIDEO] Die grootste uitdaging van enkelouerskap
- Ouerskap [Video]
- Dorette potgieter
Na jare van enkelouer wees is TV-persoonlikheid, DORETTE POTGIETER onlangs getroud met die liefde van haar lewe. Haar storie dra ’n boodskap van moed.
Om ’n enkelmamma te wees of alleen in ’n huis te wees sonder ’n ander volwassene, beteken jy moet leer om jouself “vas te hou”.
Jy moet ’n verhouding met die Here bou sodat, wanneer jy alleen is, jy die Heilige Gees kan toelaat om jou te omvou. Dit is dan wanneer jy werklik verstaan wat dit beteken om ’n kind van God te wees.
Ek dink die grootste uitdaging van enkelouerskap is om die ander ouer toe te laat om deel te wees. As jy hom nie toelaat om sy rol te speel nie, benadeel jy jou kind.
Ongeag hoe julle verhouding lyk, moet jy ’n veilige omgewing skep. Dit laat jou kind toe om die ander ouer ten volle te vertrou.
As jy jou eie seer en gebrokenheid nie opsy kan sit nie, sal dit later terugkom om jou te byt. Gee jou kind die kans om ’n verhouding met die ander ouer te bou.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die video
Méér video’s
Eloise Cupido
- Eloise Cupido
ELOISE CUPIDO, ’n geliefde Suid-Afrikaanse aktrise, TV-aanbieder, radio-omroeper en gesoute seremoniemeester, het al baie keerpunte gehad in haar lewe. Ek het baie gehad waar ek ...
Lynette Beer
- Lynette Beer
“Wanneer ons verskille raaksien en aanvaar, verminder ons frustrasie en isolasie, en bou ons betekenisvolle verhoudings wat vreugde bring,” sê LYNETTE BEER. Soos jou vingerafdrukke, ...
Marciel Hopkins
- Marciel Hopkins
MARCIEL HOPKINS het baie geleer uit haar tyd as Boer Soek ’n Vrou aanbieder, maar nou stap sy weg met vrede en opgewondenheid vir die ...