[VIDEO] Die moeilike tye maak jou sterker 

Die sangeres LEAH is al deur baie hartseer en terugslae in haar lewe. Vandag besef sy dat dit juis die moeilike tye is wat jou sterk maak. 

Die dood van my pa het ons as familie baie geruk. Ek was sewe jaar oud, en my boeties drie. Die grootste les wat ek daaruit geleer het, was dat wat jou nie dood maak nie, maak jou sterker.

Ek sou nie vandag die mens wees wie ek is nie, as ek nie deur daai moeilike tyd gegaan het nie.

Die onafhanklikheidsin wat ek toe aangeleer het as klein dogtertjie, het ek steeds.

Ek het baie terugslae in my loopbaan gehad. Ek het van kleins af gedroom om te sing. Mense het my soms vir ’n vieslike ride gevat met leë beloftes.

Ons wil hê alles moet dadelik gebeur, maar dit is nie ons tyd nie, dit is die Here se tyd.

Ek is alles behalwe perfek. Streef daarna om die beste weergawe van jouself te wees. As jy jouself is, is daar nie kompetisie nie. Die Here het jou gemaak soos jy is.

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top