[VIDEO] Jy moet jou eie waarde besef 

MIA SLABBERT is ’n gesoute joernalis, ma, sakevrou en aanbieder van Grootplaas. Sy het op haar lewenspad geleer om haar eie waarde te besef. 

Ek het vir ’n groot deel van my lewe gevoel ek het nie ’n stem nie en ek word nie raakgesien nie. Ek het gevoel ek moet by ander mense se behoeftes en planne aanpas.

Dit speel ’n groot rol in hoe jy jouself sien, jou waarde, jou plekkie in die wêreld, en waar jy jouself sien. Ek het vir ’n groot deel van my lewe hiermee gestoei.

As ma en volwassene besef ek nou dat ’n mens se waarde nie gekoppel is aan jou omstandighede nie. Waarde lê baie dieper en word meer beskerm as dit.

Hoewel ek deur baie werk en slegte verhoudings moes gaan omdat ek nie waardevol gevoel het nie, is ek nou dankbaar dat ek ’n punt bereik het waar ek my waarde besef het.

Dit is belangrik om te besef jou waarde en dit wat jy kan doen in hierdie lewe, word nie bepaal deur waar jy grootgeword het en wat met jou gebeur het nie.

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top