[VIDEO] Koop minder en dra meer van jou eie klere 

“Miskien kom ons op ’n stadium waar ons moet begin sê: kom ons hou net bietjie op koop,” sê SUNET VERMAAK. Doen meer met die klere wat jy reeds besit.

Om jou klerekas te beplan is dikwels een van die grootste uitdagings wat vrouens in die gesig staar. Jy staan voor jou kas, en die massas klere daarin, en jy het nie ’n idee wat om aan te trek nie.

Gewoonlik dra ons net 20% van wat in ons kas is – 80% hang net daar. Ons spandeer ook ongeveer tussen R200 en R300 per item in ons kas. Die gemiddelde vrou het ongeveer 200 items in haar kas, dit werk uit op iets soos amper R60 000 se goed wat jy in jou kas het. Dit laat ’n mens dink hoe mors jy eintlik.

Daar is baie mode-rewolusies aan die gang wat van ons vra om meer conscientious te wees. Ons moet dink hoe ons koopgewoontes die omgewing beïnvloed.

Miskien kom ons op ’n stadium waar ons moet begin sê: kom ons hou net bietjie op koop. En ons dink ’n bietjie slimmer.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die video

Méér video’s

Wouter Snyman

Die beste tyd om vir aftrede te begin spaar is in jou vroeë twintigs, maar sê nou ek het dit nie gedoen nie, is alles ...

Gustav Gous

GUSTAV GOUS se werk weerspieël ’n diep verbintenis om ander te bemagtig. Hy gesels oor gesonde selfstandigheid en hoe om jou toekoms te verbeter. Te ...

Lynette Beer

[Episode 9 – Video-reeks: Geheime rakende persoonlikheidstipes] [Lynette Beer] ’n Geruste Groen kan nogal langdradig wees en kom soms voor as lui. Hulle onderdruk hulle ...

Scroll to Top