‘Die lewe is een groot avontuur’ - ZOË BROWN

Die lewe is een groot avontuur

Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe een groot avontuur. Daar is om elke hoek en draai iets nuuts om te ontdek.

Zoë is ewe behendig met ’n boor as met ’n haartang. Dis amper simbolies van haar lewe as aanbieder op die kassie en radio-omroeper.

Sy het wel altyd ’n kenmerkende glimlag op haar gesig en straal van selfvertroue, maar daar was ’n tyd in haar lewe toe sy nie so selfversekerd was nie. ’n Tyd toe sy by die diep kant ingegooi is en geen ander keuse gehad het as om te swem nie.

As gebore Kapenaar het Zoë gehoor sy en haar gesin gaan Durban toe trek. Die nuus was ’n groot skok, veral omdat sy toe in Engels sou moes skoolgaan. Voorbereidingsklasse moes haar help gewoond raak aan die nuwe taal, maar niks kon haar heeltemal voorberei vir wat gewag het nie.

Skielik was alles anders: Dit was ’n heeltemal nuwe omgewing, ’n vreemde skool, nuwe maats en ’n ander taal. As iemand wat ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Sy skitter in die kollig, maar SASHA–LEE DAVIDS is in haar wese eintlik skaam en teruggetrokke. Sy moes leer om vrede te maak met wie ...

“Ongelooflik” is haar gunstelingwoord. Heel toevallig, want radio-omroeper SUCCESS LEKABE het juis ’n ongelooflike lewensverhaal. Uitdagings is steeds daar al leef jy jou droom Dit ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!