Binne-was-my-hart-stukkend_result

Binne was my hart stukkend

“Ongelooflik” is haar gunstelingwoord. Heel toevallig, want radio-omroeper SUCCESS LEKABE het juis ’n ongelooflike lewensverhaal. 

Uitdagings is steeds daar al leef jy jou droom  

Dit was ons studentejare. Potch se Aardklopfees. Ons het verby die swembad-area geloop en iets het my oog gevang.

“Is dit ’n trampolien?” het ek gevra, baie opgewonde oor die moontlikheid. Mense wat my ken, sal weet dat ’n trampolien vir my onweerstaanbaar is.

Partymaal is ’n mens op presies die regte tyd, op die regte plek. Dié dag, was ...

“Ongelooflik” is haar gunstelingwoord. Heel toevallig, want radio-omroeper SUCCESS LEKABE het juis ’n ongelooflike lewensverhaal. 

Uitdagings is steeds daar al leef jy jou droom  

Dit was ons studentejare. Potch se Aardklopfees. Ons het verby die swembad-area geloop en iets het my oog gevang.

“Is dit ’n trampolien?” het ek gevra, baie opgewonde oor die moontlikheid. Mense wat my ken, sal weet dat ’n trampolien vir my onweerstaanbaar is.

Partymaal is ’n mens op presies die regte tyd, op die regte plek. Dié dag, was so ’n dag.

Op-en-af gaan spring ek toe. Luidkeels en uitbundig. “Kom! Spring saam!” skree ek uit die lug uit. Ekstrovert galore.

Twee mans het daar naby gesit en ons dopgehou.

“Het jy al ooit ’n loopbaan as omroeper oorweeg?” vra hulle. Nee, nog nooit.

“Vat dié besigheidskaartjie en bel môre,” sê hulle.

Die res, soos mense sal sê, is geskiedenis.

Dit was asof die geleentheid, die plek en werk waar ek eintlik moes wees, my kom vind het.

Alles het vinnig gebeur.

Opleiding. Toe uitsaai op radio. Later TV-werk. En die groot skuif weg van my ouerhuis af, Kaap toe, waar ek as omroeper by Bok-radio my liefde vir mense en passie om ’n verskil te maak, kan uitleef.

Om ’n droom te leef, beteken nie die lewe se uitdagings val weg nie.

Niemand het dit verwag nie. Ek het van buite gelag, maar agter toe deure gehuil. ’n Masker van voorgee opgesit, maar binne was my hart stukkend.

Dit was ’n gewone werksdag. Ek was laat. Moeg. Depressief. Klaar met die lewe. En toe sien ek dit. Die botteltjie hoofpynpille wat op die kas staan.

Laat jou storie hoop bring vir mense met seer 

Ek het pas uit ’n afbrekende verhouding gestap. Emosionele mishandeling wat in fisieke geweld oorgegaan het.

Skielik was alles te veel. Die streep is getrek. Ek wou nie meer leef nie. My selfbeeld was in skerwe.

Ek wou vir niemand sê ek kom nie werk toe nie. Ek gaan dit net doen. ’n Einde maak aan alles. Dan is dit klaar en verby.

In daardie oomblikke, voor so ’n groot stap, voel ’n mens stoksielalleen. Verlate.

Ek het die handvol pille gesluk en op die bed gaan lê. Gewag. In ’n beswyming tussen wakker en slaap gesweef.

In hierdie gebroke hart. Krake wat reeds kleintyd gevorm het. Daardie dag – al was dit gewone hoofpynpille – was die situasie geen grap nie.

My vriendinne het op my afgekom en kliniek toe gejaag. Vir twee weke het sielkundiges en psigiaters ingetree om met die heelmaakproses te help – daar waar die eintlike seer lê.

Vandag sê ek dankie vir die Here se groot genade. Vir ’n tweede kans.

Terugskouend is daar is so baie dinge in die lewe waarvoor ek die horlosie sou wou terugdraai.

As ek maar net my pa gehad het … As ek maar net vroeër uit die afbrekende verhouding weggestap het … As ek maar net vir hulp gevra het …

Gelukkig het al die “al-die-maars” intussen in “omdat” verander.

Omdat ek al hierdie dinge deurgemaak het, kan ek my storie met mense deel wat steeds na daardie skrefie hoop soek.

Deel die artikel

Méér artikels

Aktrise ELMA POSTMA gesels oor die waarde van egtheid en selfaanvaarding. Ontdek hoekom dit belangrik is om jouself te wees. Buigsaam dink, eg leef: Hoe ...

ANNA DAVEL staan elke dag op om al die nuwe geleenthede wat na haar kant toe kom, aan te gryp. Elke nuwe ervaring help haar ...

Scroll to Top