Binne-was-my-hart-stukkend_result

Binne was my hart stukkend

“Ongelooflik” is haar gunstelingwoord. Heel toevallig, want radio-omroeper SUCCESS LEKABE het juis ’n ongelooflike lewensverhaal. 

Uitdagings is steeds daar al leef jy jou droom  

Dit was ons studentejare. Potch se Aardklopfees. Ons het verby die swembad-area geloop en iets het my oog gevang.

“Is dit ’n trampolien?” het ek gevra, baie opgewonde oor die moontlikheid. Mense wat my ken, sal weet dat ’n trampolien vir my onweerstaanbaar is.

Partymaal is ’n mens op presies die regte tyd, op die regte plek. Dié dag, was so ’n dag.

Op-en-af gaan spring ek toe. Luidkeels en uitbundig. “Kom! Spring saam!” skree ek uit die lug uit. Ekstrovert galore.

Twee mans het daar naby gesit en ons dopgehou.

“Het jy al ooit ’n loopbaan as omroeper oorweeg?” vra hulle. Nee, nog nooit.

“Vat dié besigheidskaartjie en bel môre,” sê hulle.

Die res, soos mense sal sê, is geskiedenis.

Dit was asof die geleentheid, die plek en werk waar ek eintlik moes wees, my kom vind het.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!