Pangebraaide hoender-dye met knoffel en heuning

461

5 min. + gaarmaak 10–15 min.
5–6 hoenderdye

BESTANDDELE

1 t olyfolie
5-6 hoenderdye
2 e rou heuning
1 t woestyn- of pienk sout
1 t paprika, opgehoop
2 g droë origanum
2 t vars knoffel
vars origanum vir garnering

METODE

1 Berei ’n pan voor met olyfolie en braai die hoenderdye tot bruin.
2 Voeg die rou heuning, sout, paprika, droë origanum en vars knoffel by.
3 Braai die hoender vir nog 5 minute of totdat die heuning en kruie ’n dik sous gevorm het.
4 Garneer met vars origanum en bedien met bykos soos verkies.