Wees jou kind se grootste fan
- Oulike ma
- Ewald van Rensburg
Jou kind is jou grootste geskenk ... en die minste wat jy kan doen is om dit te waardeer. Daar is niemand so gelukkig op aarde as ’n kind wie se ouers mal is oor haar nie.
Ek het dit al ’n duisend keer gesê, en ek gaan dit nou weer sê: Geen werk op aarde is belangriker as om ’n goeie ouer te wees nie. Nie een nie. – Oprah Winfrey
As wat Oprah sê, jou bang maak, dan is jy oukei. Geen kind kom immers met ’n eienaarshandleiding nie. En dit help ook nie altyd om op ander se raad staat te maak nie, want kinders verskil.
Om ’n ouer te wees is nie kinderspeletjies nie!
Dit voel soos gister toe julle nog uitgesien het na julle kind se koms. Dan stres jy nie oor maniere van grootmaak nie, net dat sy gesond moet wees. Maar sodra die wonder van die nuwe babatjie begin verbygaan, skrik jy jou boeglam.
Jy besef dat ma-wees oor baie meer gaan as ’n skoon doek en ’n vol magie. Natuurlik het jy geweet ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...
Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...