
Jou kind en tegnologie, goed of sleg?
Die meeste kinders maak kennis met die wêreld van selfone, rekenaars of TV lank voordat hulle skool toe gaan. Kan dit goed wees? Of veroorsaak hierdie tegnologie dat ons kinders dom en wanaangepas is?
Die eerste twee jaar word as ’n deurslaggewende tyd vir breinontwikkeling beskou. Elektroniese media kan ontdekking, speel en interaksie met ouers en ander mense verhinder. Dit kan ook leer en gesonde fisieke en sosiale ontwikkeling belemmer. Maar tegnologie is nie net sleg nie en kan ook baie waardevol wees.
Tegnologie kan opvoedkundig wees en wonderlike vermaak bied
Daar is goeie opvoedkundige programme, wat sal help om die kleingoed se algemene kennis te verbreed. Hulle kan ook baie leer oor waardes en goeie maniere.
Kleuters kan die alfabet op dié manier begin leer en laer-skoolkinders kan meer oor diere in natuurprogramme te wete kom.
TV, byvoorbeeld, help kinders om ander kulture beter te verstaan. Al hoe meer kinderkanale sluit verskillende rassegroepe en tale in programme in en stel hulle kulture bekend.
Deesdae is vrae oor algemene kennis deel van eksamenvraestelle op skool en deur nuus ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Help jou kleuter, tiener en jong volwasse kind om haar karakter te ontwikkel sodat sy selfstandig kan wees en haar plek in die samelewing kan ...
Om vir jou kind ontwerpersklere te koop of die pennesakkie wat sy vergeet het, skool toe te vat, klink onskuldig. Maar onthou, bederf het gevolge… ...