![‘Die lewe is een groot avontuur’ - ZOË BROWN](https://voelgoed.co.za/wp-content/uploads/2023/04/‘Die-lewe-is-een-groot-avontuur-ZOE-BROWN--1024x536.webp)
Die lewe is een groot avontuur
- My storie
- Zoë Brown
Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe een groot avontuur. Daar is om elke hoek en draai iets nuuts om te ontdek.
Zoë is ewe behendig met ’n boor as met ’n haartang. Dis amper simbolies van haar lewe as aanbieder op die kassie en radio-omroeper.
Sy het wel altyd ’n kenmerkende glimlag op haar gesig en straal van selfvertroue, maar daar was ’n tyd in haar lewe toe sy nie so selfversekerd was nie. ’n Tyd toe sy by die diep kant ingegooi is en geen ander keuse gehad het as om te swem nie.
As gebore Kapenaar het Zoë gehoor sy en haar gesin gaan Durban toe trek. Die nuus was ’n groot skok, veral omdat sy toe in Engels sou moes skoolgaan. Voorbereidingsklasse moes haar help gewoond raak aan die nuwe taal, maar niks kon haar heeltemal voorberei vir wat gewag het nie.
Skielik was alles anders: Dit was ’n heeltemal nuwe omgewing, ’n vreemde skool, nuwe maats en ’n ander taal. As iemand wat ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Klein, slim en bekkig. Dís hoe mense vir ELOISE CUPIDO leer ken het. Sy is ’n voorbeeld van hoe om met selfvertroue vol en uitbundig ...
Sy skitter in die kollig, maar SASHA–LEE DAVIDS is in haar wese eintlik skaam en teruggetrokke. Sy moes leer om vrede te maak met wie ...