Maak jou kind se skooljaar makliker 

Die Wolkskool is ’n aanlyn leerruimte wat aan jou kind waardevolle ondersteuning en hulpmiddels bied om te help om sy akademiese reis meer suksesvol te maak.

Die skooljaar begin en jou kind voel reeds oorweldig deur skoolwerk, huiswerk en buitemuurse aktiwiteite. Klink dit bekend?

Soms voel dit of ons kinders onder ’n berg werk begrawe word en is dit moeilik om aan hulle die regte ondersteuning te bied.

Gelukkig maak die internet en moderne tegnologie dit vir kinders moontlik om akademies te presteer ongeag besige skedule en ander uitdagings.

Vul bestaande leermateriaal aan 

Die Wolkskool is nie net jou kind se digitale klaskamer nie; dit is ’n bondgenoot in die vorming van ’n lewenslange liefde vir leer.

Teen slegs R135 per maand, kan leerders toegang kry tot meer as 18 000 videolesse, werkkaarte, en assesserings om hulle te help om hulle werkslading onder die knie te kry en om vir eksamens en toetse voor te berei.

Die beste deel? Dit is alles in Afrikaans en maak dit vir kinders lekker om te leer.

Die platform is vir leerders van graad 4 tot 12. Gebruikers kan ook selfs teruggaan na vorige grade se konsepte wat hulle nog nie onder die knie het nie. Só help dit hulle om ’n stewige fondasie vir verdere akademiese groei te lê.

Help jou kind om akademies te presteer 

Die Wolkskool maak leer en eksamens maklik. Belê vandag in jou kind se akademiese toekoms.

Hou self ’n oog oor hoe jou kind vorder 

Die ontwikkelaars agter Die Wolkskool verstaan dat ouers besig is, maar ook graag wil sien of die proses vrugte afwerp. Daarom is daar moeite gedoen om dit maklik te maak om betrokke te bly.

Jy kan self ’n oog hou oor hoe jou kind vorder. Danksy verslae sal jy maklik kan sien waar jy ’n handjie moet bysit of hulle kan aanmoedig.

Die feit dat die platform aanlyn is, maak dit moontlik vir leerders om enige tyd en enige plek hersiening te doen, en is dit is soveel makliker vir kinders om hulle skoolwerk en persoonlike lewens te balanseer.

Bou selfvertroue vir die hede en die toekoms 

Hierdie platform bied die geleentheid vir jou kind om nie net te presteer nie, maar om te groei en hulle selfvertroue te versterk.

Met Die Wolkskool kan jy ’n omgewing skep waar leer nie net ’n verpligting is nie, maar ’n avontuur van ontdek en groei.

Dit is ’n geleentheid om ’n lewenslange liefde vir leer te kweek wat hulle nie net in die skool nie, maar ook in die wêreld daarbuite, sal ondersteun.

Die wêreld wag vir jou kind, met al sy uitdagings en geleenthede. Help hom om slaggereed hierdie uitdagings aan te pak en sy potensiaal te ontgin.

Help jou kind om akademies te presteer
Die Wolkskool maak leer en eksamens maklik. Belê vandag in jou kind se akademiese toekoms.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

In ’n wêreld vol gejaag glo die Skoleondersteuningsentrum (SOS) aan die waarde van verveeld wees. Dis juis in daardie stil, sorgvrye oomblikke dat kinders – ...

Skooltasse is eenkant, kosblikke rus en vakansiekoors hang in die lug. Tog bly mammas wonder: Hoe benut ek dié tyd? Wolkskool bied prettige geleenthede om ...

Scroll to Top