Jou kind skryf eksamen, jy hoef nie saam te skryf nie!

Jou kind skryf eksamen, jy hoef nie saam te skryf nie!

Eksamentyd kan ouers net so gespanne soos hul kinders maak. Ontdek met Wolkskool hoe jy jou kind kan ondersteun sonder om ekstra druk op hom te plaas.

Wanneer ma en pa amper meer stres as die kinders

Eksamentyd is ’n interessante ding.

Die kinders skryf die vraestelle, maar op die een of ander manier voel dit soms of die hele huis saam eksamen skryf!

Skielik ken almal die eksamenrooster uit hul kop, word etenstye rondom leersessies beplan en hoor ’n mens gereeld die bekende vraag: “Moet jy nie eintlik leer nie?”.

En dan is daar natuurlik daardie oomblik wanneer jou kind doodluiters op die bank lê, terwyl jy wonder of hulle regtig genoeg voorberei het vir môre se vraestel.

Klink dit bekend?

As ouer wil jy natuurlik hê jou kind moet goed doen.

Jy weet hoeveel moeite hulle deur die jaar gedoen het en wil graag sien dat dit vrugte afwerp.

Daarom is dit heeltemal verstaanbaar dat jy ook ’n bietjie spanning ervaar.

Maar eksamentyd hoef nie net oor boeke, punte en vraestelle te gaan nie.

Soms maak die klein dingetjies by die huis die grootste verskil aan hoe jou kind hierdie tyd beleef.

En gelukkig hoef jy nie self weer graad 9-wiskunde onder die knie te kry om jou kind te kan ondersteun nie!

Gee jou kind die ruimte om self te leer!

Maak gebruik van Wolkskool se ondersteuning by wolkskool.co.za.

Gee jou kind die ruimte om self te leer, met Wolkskool se ondersteuning

Die klein dingetjies wat eksamentyd sommer baie makliker maak

Tussen al die leerwerk, vraestelle en eksamenroosters is dit soms die klein dingetjies wat die grootste verskil maak.

Dalk help dit om saam na die week se eksamenrooster te kyk en te besluit watter vakke eerste aandag nodig het.

Of om sommer die vorige aand reeds seker te maak dat alles vir die volgende dag reg is, sodat niemand die oggend op soek is na ’n sakrekenaar of liniaal nie.

Hou by gewone roetine. Gereelde etenstye en genoeg slaap bring ’n bietjie normaliteit tussen al die leerwerk.

Maak tyd vir ’n blaaskans. ’n Kort entjie stap, iets lekkers eet of net ’n bietjie ontspan kan help om weer met nuwe energie aan te gaan.

Maak leerwerk meer hanteerbaar. As jou kind met ’n moeilike konsep sukkel, kan ’n kort verduidelikende video of ’n paar oefenvrae soms net die ding wees om weer aan die gang te kom.

Vier die klein oorwinnings. Daardie moeilike wiskundesom wat uiteindelik sin maak, of ’n vraestel wat beter verloop het as wat verwag is, verdien ook erkenning.

Eksamentyd hoef nie die hele huis se lewe oor te neem nie.

Soms maak ’n bietjie beplanning, die regte leerhulpmiddels en die wete dat daar hulp beskikbaar is wanneer jou kind vashaak, reeds ’n groot verskil.

Gee jou kind die ruimte om self verantwoordelikheid te neem

Eksamentyd is ook ’n geleentheid vir kinders om te leer hoe om hul eie tyd te bestuur, probleme op te los en hulp te vra wanneer hulle dit nodig het.

Dit beteken natuurlik nie dat jy hulle heeltemal aan hul eie lot moet oorlaat nie. Jy kan steeds help om ’n rustige leerplek te skep, seker te maak dat hulle genoeg rus en beskikbaar wees wanneer hulle vashaak.

Wanneer jou kind met ’n moeilike konsep sukkel, hoef jy ook nie noodwendig self die antwoord te ken nie.

Aanvullende leerhulp soos Wolkskool bied videolesse, flitskaarte en assesserings wat leerders kan gebruik om werk weer deur te gaan en hul kennis te toets.

Moedig jou kind aan om self te probeer uitwerk waarmee hulle sukkel en watter hulpbronne hulle kan gebruik. Só bou hulle nie net kennis vir die volgende vraestel op nie, maar leer hulle ook om meer onafhanklik te werk.

En wanneer die eksamen uiteindelik verby is, wil jy hê jou kind moet weet dat jou ondersteuning nooit van ’n punt op ’n rapport afgehang het nie.

Jou kind skryf die eksamen. Jou werk is om aan hul kant te wees.

Gee jou kind die ruimte om self te leer, met Wolkskool se ondersteuning by wolkskool.co.za.

Deel die artikel

Méér artikels

Kwartaal 4 bring ’n vars begin. Daarmee saam spog Wolkskool met nuwe funksies en verbeterings om leerders slimmer deur die laaste kwartaal te ondersteun. Begin ...

Wolkskool kan jou kind help om nie net die werk te herken nie, maar dit werklik te verstaan, te onthou en met selfvertroue toe te ...

Scroll to Top