Nuwe kwartaal, nuwe Wolkskool, nuwe maniere om te leer

Nuwe kwartaal, nuwe Wolkskool, nuwe maniere om te leer

Kwartaal 4 bring ’n vars begin. Daarmee saam spog Wolkskool met nuwe funksies en verbeterings om leerders slimmer deur die laaste kwartaal te ondersteun.

Begin kwartaal 4 met ’n vars plan van aksie

Die kort vakansie is verby en kwartaal 4 het begin.

Dit is die laaste deel van die skooljaar, maar dit beteken nie dat alles van dag een af in plek hoef te wees nie.

Begin eerder deur rustig te kyk waar jou kind nou staan.

Watter vakke gaan goed? Waar is daar nog konsepte wat nie heeltemal vasgelê is nie? En wat kan hierdie kwartaal anders gedoen word om die jaar met meer selfvertroue af te sluit?

’n Vars begin hoef ook nie ’n ingewikkelde studierooster te beteken nie.

Soms is ’n klein verandering genoeg.

Begin vroeër met hersiening, gaan terug na werk wat nog onseker voel of maak gereeld tyd om vorige werk weer deur te gaan.

Kwartaal 4 is kort en kan vinnig besig raak.

Daarom help dit om van die begin af ’n eenvoudige ritme te kry wat haalbaar is en wat jou kind kan volhou wanneer toetse, take en uiteindelik die eindeksamen nader kom.

Gaan kyk wat nuut is

Ontdek hoe Wolkskool jou kind hierdie kwartaal kan ondersteun by wolkskool.co.za.

Gaan kyk wat nuut is met wolkskool

Wolkskool het ook nie vanjaar stilgestaan nie

Leerders is nie die enigstes wat met iets nuut terugkeer nie.

Wolkskool het die afgelope tyd ’n hele paar veranderinge ondergaan, en daar is nog baie op pad.

Dalk het jy reeds ons nuwe aanmeldskerm raakgesien. Of dalk het jou kind al begin rondloer by My Profiel, notas gemaak met My Notas of die Wolkskool Assistent gebruik wanneer ’n konsep nog nie lekker sin maak nie.

Hierdie veranderinge gaan nie net oor ’n nuwe voorkoms nie. Dié kundige span werk voortdurend daaraan om die gebruik van Wolkskool eenvoudiger, slimmer en meer gebruikersvriendelik te maak.

Elke verbetering is deel van hul doel om leerders beter te ondersteun wanneer hulle leer, hersien en moeilike werk weer aanpak.

Daar is nog baie nuwe funksies en verbeterings op pad.

Moet dus nie verbaas wees as Wolkskool die volgende keer wanneer jy aanmeld weer ’n bietjie anders lyk nie.

Gebruik al die nuwe hulpmiddels om slimmer te leer

Al die nuwe dinge is lekker om te ontdek, maar die belangrikste vraag bly: Hoe kan dit jou kind hierdie kwartaal help?

Kwartaal 4 hoef nie oor langer ure voor die boeke te gaan nie. Dit gaan eerder daaroor om die hulpmiddels wat beskikbaar is slim te gebruik.

Wanneer ’n konsep uit ’n vorige kwartaal nog onseker voel, kan leerders weer na ’n videoles kyk. Flitskaarte kan help om belangrike inhoud vinnig te hersien, terwyl assesserings wys waar nog oefening nodig is.

Met My Notas kan leerders vakspesifieke of algemene notas byhou, opsommings maak en selfs dokumente soos afbakenings oplaai.

Die Wolkskool Assistent bied ondersteuning oor verskillende grade en vakke wanneer ’n leerder vashaak of ’n konsep op ’n ander manier verduidelik wil hê.

’n Nuwe kwartaal het begin, en daar is heelwat nuut om op Wolkskool te ontdek.

Leer slimmer en bly georganiseerd om die jaar met groter selfvertroue af te sluit.

Gaan kyk wat nuut is en ontdek hoe Wolkskool jou kind hierdie kwartaal kan ondersteun by wolkskool.co.za.

Deel die artikel

Méér artikels

Die kort vakansie voor kwartaal vier bied vir kinders die geleentheid om ná ’n besige kwartaal te rus, tyd saam met familie te geniet en ...

September bied die perfekte geleentheid om kennisgapings raak te sien, moeilike konsepte te versterk en, met Wolkskool se hulp, betyds vir die laaste deel van ...

Scroll to Top